R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Dit is vir my goed dat ek swaargekry het, want daardeur het ek u voorskrifte geleer.” (Ps. 119:71) “Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop.” (Rom 5:3,4)
Het jy al ooit gewonder hoekom daar so baie tye is van swaarkry en sukkel? Of is jy sommer net vandag moedeloos oor alles wat nie wil uitwerk nie? Dan wil GOD se Woord vir jou sê: “Moenie moedeloos word nie.” (2 Kor. 4:16) “Hou moed manne! Ek vertrou op GOD dat alles sal gebeur soos Hy vir my gesê het.” (Hand 27:25) Hoe kry Christene dit reg om in die grootste pyn en vervolging vol moed en dapper te bly? GOD self versterk hulle met Sy Heilige Gees. Manne soos Johannes Hus en Thomas Cranmer het met ’n loflied op hulle lippe gesterf op die brandstapel. Stefanus roep uit na GOD as Hy gestenig word vir Sy geloof in Jesus Christus. (Hand 7:59).
Daar is baie mense met gebreke wat ook aanhou en moed hou te midde van die grootste pyn en swaarkry. Sluit ’n man in die tronk toe vir meer as 30 jaar van sy lewe omdat Hy Bybels vir GOD smokkel - en jy het ’n Richard Wurmbrandt. Maak hom groot in armoede en laat hom sy besighede verloor, sy vierjarige seuntjie sien sterf, hy verloor meer verkiesings as enige ander man – en jy het ’n Abraham Lincoln. Glen Cunningham is as sesjarige seuntjie so erg verbrand dat dokters vir sy ma gesê het hy sal nooit weer loop nie – maar hy het aangehou probeer totdat hy kon kruip, stap en weer hardloop –sodat hy die wêreldrekord in 1934 opgestel het vir ’n myl in 4 minute 6,7 sekondes! Beethoven was doof – en tog een van die grootste komponiste. Onderwysers het vir Albert Einstein gesê hy is te dom om langer as standerd vyf in die skool te bly!
In hierdie wêreld sal ons moeilikheid hê. Jesus het dit self gesê. Die sonde wat vanaf Adam en Eva op die aarde is, bevestig dit. Ons kan swaarkry, maar ons kyk boontoe. Ons sien Jesus raak wat vir ons ’n voorbeeld was om deur versoekinge te kom. (Mat. 4) Jesus het self aan die einde van Sy aardse bediening vir Sy dissipels gesê: “Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” (Joh 16:33)
Daarom moet jy ook vandag besef: Swaarkry kweek in jou volharding sodat jou geloof sterker kan word. Sodat jy staande kan bly in moeilike tye en ander rondom jou bemoedig!
(Rom. 5:3,4)
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.