R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Leon Hugo van Franskraal het pas teruggekeer van Nepal. Hy beskou dit as ‘n groot eer, deurdat die Great Himalaya Trails-organisasie hom genooi het om ‘n verslag saam te stel oor dié land se voetslaanpaaie. Dit, nadat dit ineengestort het na die impak van hewige aardbewings verlede jaar.
“In kort kom my besoek aan Nepal se Great Himalaya Trails daarop neer om ‘n verslag saam te stel wat neerkom op ‘n nuwe strategie vir verbetering en hoe hulle voetslaanpaaie behoort te lyk,” vertel die professor van Franskraal. “Staproetes was hulle grootste bron van inkomste op die gebied van toerisme.”
Hy het op versoek ‘n ondersoek daar gaan loods om hulle staproetes, ná die negatiewe impak van die aardbewing, sodanig te herstel dat hulle as ‘n geakkrediteerde lid van die Green Flag Trail beskou kan word. Leon het vanaf 3 Mei, twee weke daar spandeer. Hy het soveel as moontlik staproetes gestap ten einde met ‘n haalbare strategiese plan vir die herstel van alle roetes vorendag te kom.
Sy enorme verslag rakende aanbevelings oor die algehele herstel van die staproetes is nou sy volgende groot taak wat gefinaliseer moet word. Die keerdatum is om die draai - einde Junie! Die hoofdoel vir Nepal se stadsvaders met dié verslag is om weer soos voorheen op die Internasionale voetslaanmark in te beweeg - iets wat hulle ná die aardbewing verloor het. Nepal, met die Himalaya bergreeks in die agtergrond, asook die bekende Mount Everest, is tussen Indië in die suide en China in die noorde gesetel. Dit is daar waar ‘n aardbewing in 2015 die lewens van sowat 6,000+ mense geëis en etlike dorpies vernietig het.
Die voetslaanpaaie daar is nie die bekende smal paadjies soos in Suid-Afrika nie, maar veel breër wat as bedrywige handelsroetes tussen die dorpies dien, met pakdiere wat die handelsware vervoer.
Leon (74) was tot en met sy aftrede sowat 10 jaar gelede ‘n professor in Geografie aan die Universiteit van Pretoria. Hy was 15 jaar gelede ‘n stigterslid van Voetslaan Suid-Afrika, ‘n oorkoepelende organisasie vir die voetslaan-industrie. Binne die sisteem van Voetslaan Suid-Afrika het Leon ‘n stelsel, genaamd Green Flag Trails by die Universiteit van Pretoria ontwerp. Dit bevat gedetailleerde inligting van staproetes en bied voornemende voetslaners die geleentheid om na eie voorkeure staproetes uit te soek. Dit word reeds in ses lande in die Suidelike Halfrond toegepas. Hy het ook in 2003 ‘n boek oor staproetes geskryf, nl. Getaway Guide to Hiking Trails & Day Walks in South Africa, asook ‘n boek, Environmental Management, wat tot op hede steeds deur Universiteite voorgeskryf word.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.