R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Ek glo dat jy by enigiemand kan leer, moontlik iets nuuts of andersins hoe om dit nie te doen nie! Ook dat jy altyd op die loer moet wees in geval ‘n geleentheid hom voordoen. Wanneer jy hengel is daar altyd ‘n kans dat iets gaan opduik wat ‘n nuwe perspektief op ‘n situasie sal plaas. Daar is soveel tegnieke, soveel maniere van vang en soveel ondervindinge dat jy nooit gaan ophou leer nie. Dis ‘n feit dat ‘n Hardebaard al lankal sy ding doen en dis mos net logies dat hy op die voorpunt moet wees. Jy sál by hom leer! Dit stop egter nie daar nie. Selfs die nuwe outjie wat vlak langs jou hengel het somtyds iets by te dra. Ek weet dat jy hóm dalk baie kan leer maar sonder dat hy dit besef is die skoen dalk aan die ander voet.
Ons het silwervis gevang -- mooies. Die verskil was dat ek, hoewel ek ook oulywe ingetel het, myne oor die algemeen nie so groot was as die man s’n langs my nie. Nou nie dat hy onervare was nie, maar waarom vaar hy skielik so goed? Daar moet ‘n rede wees -- kan nie net suiwer geluk wees nie. Wat doen mens in so ‘n geval? Jy steel met jou oë. Dit het ek gedoen, sonder sukses. Dan maar die regte ding doen. Na die tuiskomslag gaan ek bietjie besoek aflê by hom en dadelik wou ek sien hoe die man se “tackle” lyk. Ek was redelik seker, met al die ooggooiery het ek gedink ek weet reeds. Hy was heel inskiklik om my in te lig. Dalk het dit gehelp dat ek ‘n slag by hóm gaan aanklop het! Sy geheim, sê hy, lê in die feit dat hy sirkelhoeke gebruik. Vir die wat nie weet nie, gaan loer volgende keer wanneer jy weer gereedskap koop en vra sommer die ou agter die toonbank om jou te wys. Die goed is nie werklik onbekend nie, maar sover ek weet is dit nie oral ewe gewild nie. Ek dink die varswatermense maak meer gebruik daarvan. Die res van sy lyn het heel normaal gelyk, behalwe dat hy ‘n kombinasie-aas gebruik het en die stroppe nie te lank was nie. Hy het plastiekpypies gebruik sodat die lyn nie deurmekaar raak nie en klein stukkies gekleurde gare aangeknoop en dan nog stukkies spons. Ek dink nie werklik al hierdie goed het ‘n stewige punt getel nie, maar as die een ding nie help nie….. Die oorwegende faktor sou ek sê was die groter, skerper hoeke plus die groot aas.
Ek het reeds melding gemaak van die mooi silwervis. Daar was ook ander vis maar nie baie van hulle nie. Ook sprake van geelbek en die was ook maar skaars. Toe maar hulle gaan nog kom!
Groete,
Seemeeu
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.