R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op 'n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.” (2 Kor. 4:17,18)
Hierdie week is “Uit die Woord” spesiaal vir julle wat dink die lewe is te moeilik of die pad wat jy moet stap te lank. Jou lewe is dalk een groot en lang gesukkel en geswoeg met daaglikse dinge wat jou wiele pap maak. Die laste wat jy op jou skouers dra word vir jou te veel en jou drome lê almal vertrap deur mense wat jou in die rug steek. Jou liggaam is dalk op hierdie stadium só afgetakel deur pyn en siekte dat jy voel asof selfs GOD jou verlaat het. Boonop is die rekenings wat jy moet betaal elke maand baie meer as jou inkomste.
En jy is moeg!
Dit is baie moeilik om die pad vorentoe te sien as daar groot storms is. Jou begeerte is eerder om op ’n hopie langs die pad te gaan sit as om voort te beur na die hemelse Woning waarvan Jesus in Johannes 14: 1 praat. Daarom wil ek jou vandag bemoedig met hierdie gedeelte uit 2 Korintiërs 4 wat jou verseker dat GOD jou nooit sal verlaat nie, al word jy neergegooi deur die lewe – Hy sal jou weer ophelp en op die pad hou. (2 Kor. 4:9) GOD het nêrens in die Bybel gesê ons gaan nie swaarkry in hierdie lewe nie, maar Hy het ons baie keer belowe Hy sal met ons wees in elke situasie – moeilik of makliker. As jy terugkyk na die moeilikste tye van jou lewe sal jy moet erken dat Hy daar was om jou te versterk – ja, selfs te dra as jy nie meer kon nie. Hou dit altyd ingedagte dat GOD jou nog altyd in die verlede gehelp het – en Hy sal dit weer vandag en môre doen.
Die beste nuus wat ek vandag vir jou uit GOD se Woord kan gee is dat die swaarkry wat jy nou deurgaan, niks is in vergelyking met die heerlikheid wat GOD vir jou en elkeen wat Hom lief het in die pyplyn het nie. GOD is selfs opgewonde dat Hy die beste vir jou nog sal laat aanbreek – en Hy sien uit daarna om jou in Sy hemelse huis te verwelkom.
Hou dus net moed. GOD se uitkoms is baie nader as wat jy self kan dink. Intussen is Hy langs jou om jou deur elke situasie te lei! Hy hou jou hand vas!
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.