R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant trek ‘n nuwe baadjie aan met nog ‘n bewaringsprojek wat deur Gansbaai se bewaringsikoon, Wilfred Chivell geloods is.
Sondag, 3 Julie was gekenmerk as Wêreld Plastiekvrye dag en dit het Wilfred van die Bewaringstrust tot ‘n nuwe interessante aksie laat oorgaan.
Hy het een van sy werknemers van die African Penguin & Seabird Sanctuary (APSS), Njongo Mlimisi aangesê om met die maak van papierinkopiesakkies te begin. Nie net word Gansbaai Courant se ou koerante vir die doel ingespan nie, maar enige rondlê of weggooikoerant word gevou en geplak vir ‘n tweede doel op ons kosbare aarde – die van ‘n eko-vriendelike inkopiesakkie.
“Dyer Eiland Bewarings Trust het tydens skou-uitstallings die idee gekry om papier vir inkopiesakke te gebruik en Njongo het met ou koerante aan die werk gespring,” vertel Brenda du Toit, Wilfred Chivell se persoonlike assistent.
Aangesien Njongo van ‘n verskeidenheid koerante gebruik maak, vervaardig hy inkopiesakke van verskillende groottes.
Hy het die sakkie in die foto hiernaas binne enkele minute spesiaal vir die redakteur van Gansbaai Courant gemaak.
Die inkopiesakke van papier is by die APSS sentrum beskikbaar en die grootse projek wat aangewend word vir die bedreigde Afrika Pikkewynspesie, kan gerus ondersteun word.
Die APSS is elke dag van die week oop vanaf 08:00 tot 16:00 vir gratis besoeke en dit is veral die voedingstye wat om 08:30 en 15:00 plaasvind, wat groot belangstelling van die publiek lok.
Lesers kan gerus die Pikkewyn Reddingslynnommer op hul selfone stoor - 072-598-7117. Die nommer kan geskakel word wanneer enige seedier gewaar word wat in nood verkeer.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.