R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Twee drieë deur die vleuel Triston Martin en ‘n doel- en strafskop, het aan Black Leaves ‘n naelskraapse oorwinning van 15-13 oor Caledon besorg.
Hierdie wedstryd was tot die einde toe in die weegskaal, nadat Brendon Lee Dickson die Baai weereens soos telke male laat ontsnap het met ‘n fatale strafskop na die pale.
Dit is glad nie die tipe wedstryde wat die span se ondersteuners wil sien nie, veral met nog so ‘n halfdosyn taai wedstryde oor waaronder Hawston die volgende een sal wees.
Na die naweek se vertoning teen Caledon, sal die Baai met veel beter vertonings vorendag moet kom as hulle nog enigsins onder die Top 4 wil eindig.
Die Baai het hul rekening goed geopen in die eerste helfte om vinnig 12 punte op die telbord te kry, maar het daarna nie te waffers vertoon om die druk meer toe te pas nie.
Met die Baai wat nie eintlik oor daardie kolosale voorspelers beskik nie, is hulle nog te geneig om deur die verdediging te gaan vir drieë, instede van hul vinnige “back line” weg te stuur.
Nietemin, elke wenuitslag bring groot verligting. Black Leaves geniet nou ‘n ruskans hierdie komende naweek en pak Hawston dan weer op 30 Julie. Sake moet nou goed uitgewerk word om Hawston te troef en sake kan gedaan wees en niks anders as groot intensiteit is nodig om die werk te gaan doen.
Black Leaves se derde span verloor 3-22, so ook die tweede span met 15-22. Komaan Manne!
So sê “Bra G”
BLACK LEAVES SE OORBLYWENDE LIGABEPALING
30 Julie - Hawston – wegwedstryd
6 Augustus Botrivier - tuiswedstryd
13 Augustus - Rangers/Bredasdorp – wegwedstryd
20 Augustus – Atlantis/Hermanus – tuiswedstryd
27 Augustus – Grabouw – wegwedstryd
10 September – Kleinmond - tuiswedstryd
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.