R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Minister Dan Plato, MEC vir Publieke- en Gemeenskapsveiligheid, Wes-Kaap Parlement het Gansbaai op uitnodiging van Raadslid Riana de Coning onlangs besoek.
Die primêre doel van sy besoek was om met verskeie rolspelers rakende die toenemende misdaadprobleem in die area te vergader.
Die ernstige afmetings wat perlemoensmokkelary, dwelmhandel en -misbruik, huisbraak en ander verwante misdaad aanneem, is onder sy aandag gebring en daar is om dringende ingryping gevra.
CRIME HIGHLIGHTED
Brigadier Heilbron, Overberg Cluster Commander, Lt. Col Moshi, Station Commander SAPS Gansbaai, Capt. Rautenbach, Detective Branch Commander, Capt. Africa, VISPOL, Lucille Mangiagalli, Cluster head of Gansbaai Community Police Forum and Area Manager Kat Myburgh attended the meeting. Each of the attendees highlighted the crime problem from their own perspective and experience.
WETTE LAAT LEEMTES
Brigadier Heilbron het dit beklemtoon dat daar ‘n verandering en aanpassing in die onderskeie wette gemaak sal moet word, aangesien die stelsel soos wat dit nou daaruit sien, in geheel onvoldoende is en te veel leemtes laat vir die krimineel om uit te buit. Die magte van Wetstoepassers, Verkeersbeamptes, Brandweerbemanning, MCM beamptes, asook SAPD moet uitgebrei word. Minister Plato het die versekering gegee dat die Wes-Kaap Provinsie graag uitreik en ondersteuning aan die “kleiner” gemeenskappe gee. Al die rolspelers is tans besig om onder leiding van Raadslid Riana de Coning aan ‘n skriftelike voorlegging te werk wat teen 29 Julie aan die minister gestuur sal word.
SUPPORT NEEDED
More manpower for MCM to support them in the handling of abalone smuggling; Safety Kiosks (with trained local people to man this) for Pearly Beach and any other remote areas where needed; Youth programmes to keep the youngsters off the streets and busy in constructive ways; An application for financial support in the establishing of a skate board park at Spaces for Sport, is currently being prepared; Youth Education applying for learners to get sponsorship to enrol at EFT colleges; Financial support for the installation of safety cameras at all entrances to Gansbaai, and the monitoring there of; Sponsoring of equipment for neighbourhood watches.
SAMEWERKING
Wat baie duidelik uit die samesprekings geblyk het, is dat die misdaadprobleem in Gansbaai-area slegs aangespreek sal kan word deur die volle samewerking tussen alle belanghebbende partye, asook met die nodige ondersteuning van Provinsiale en Nasionale Regerings.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.