R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die klubbestuurder van Overberg Hengelklub, Gert du Plessis, het Dinsdag, 9 Augustus 2016, sy 78ste verjaardag gevier.
Dit maak van die geliefde lid, die oudste en mees gerespekteerde klublid.
Gert was “Ge-tie en ge-collar” vir die openingsaand van die klub se Kleinbaai Interprovinsiale Bodemvis Kompetisie.
Dit is die vyfde keer dat die klub die gesogte kompetisie aanbied.
Oom Gert is ‘n gesoute skiboot hengelaar. Hy het reeds in 1976 in Krugersdorp sy Transvaalkleure verwerf toe hy verbonde was aan die Wahoo Skiboot Klub.
In 1992 verwerf hy sy SA diepseehengel kleure (SADSAA) en in 1998 verruil hy en sy vrou Miempie, Gauteng vir die Overstrand en kom vestig hulle permanent in Gansbaai.
Oom Gert wat al 18 jaar lid is van die klub, het ook vyf jaar as voorsitter gedien.
Hy geniet steeds sy hengeluitstappies en is ook baie bedrywig as klubbestuurder.
Miempie vertel dat hy maar sy visse kan huis toe bring. Sy maak dit net nie skoon nie, maar is ‘n bedrewe viskoekiebakster.
Miempie is ook ‘n ywerige VLV-lid in die dorp.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.