R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
In uitstekende rugbytoestande was die span van Gansbaai, Black Leaves, goed genoeg daarin om Botrivier met 24-21 te klop.
Met nog vier liga-wedstryde oor vir alle spanne, word alle faktore nou in ag geneem bv. puntestand, uitspeelwedstryde en skeidsregters met Rangers van Bredasdorp wat nou aan die beurt kom. Daar ander kant moet Black Leaves die herhaling van die eerste ontmoeting vroeër vanjaar voortsit om sodoende dan nog plus minus 4 punte by sy totaal van 38 te voeg. ‘n Skaflike totaal van 42 sover oorskadu die span se vorige rekords die afgelope vier jaar met nog wedstryde oor.
Veral Botrivier, een van die voorste spanne, was ‘n weerspieëling van wat die Baai volgende wil vermag. Alhoewel dit soms broekskeur oorwinnings is, behou die span momentum wat belangrik is. ‘n Wipplankryery dwarsdeur die spel het alles uit die manne gehaal.
Die Baai het beter vertoon in die skrums as teen Hawston en rotsvaste verdediging deur Quwin en Alvino met Colin vooraan het die spel stadig gemaak vir Botrivier.
Nog nie die dominerende pak nie, maar Gollie kan vertroue skep uit sy troepe. Agterlangs was die tafel bedoel vir lekker hardloopspel aan albei kante en ses drieë is gedruk vir die dag.
Met Divvy wat geel gesien het, kon Botrivier nie hond haar af maak nie en met sy terugkeer het Divvy toe eers die sout in die wonde kom vryf. Gogga het spoed gewys. Verder was Hickley, Allan, Melly en Elrich die bestendigheid self.
Met die deurslaggewende spel wat teen Botrivier gelewer is, moet die A-“team” Rangers Saterdag gaan stuit en druk sal soveel minder wees vir die hele span (22-tal).
Die son sak toe weer vroeg vir Black Leaves se Tweede en Derde spanne.
Die A-span se puntemakers was – drieë: Gogga, Divvy en Colin; doelskoppe: Divvy (3) en strafskoppe: Divvy (1).
So sê Bra”G”
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.