R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Eenhonderd ses en dertig visse met ‘n massa van 129.1kg is verlede Saterdag, 6 Augustus tydens Birkenhead Bootklub se visvangkompetisie uitgetrek. Dit was ‘n lieflike dag op see. Drie en twintig hengelaars het op sewe bote deelgeneem.
Bertus Prins het met die prys vir die swaarste vis weggestap – ‘n rooistompneus van 4.15kg met Chris Fourie in die tweede posisie – ook ‘n rooistomp van 3.75kg. Johan Burmeister het die swaarste sak ingeweeg, met Bertus Prins in die tweede plek.
Die span op die boot Nu-Nu met Johan Burmeister as skipper, was die manne wat die swaarste gemiddeld ingeweeg het. Die span van Releks met Jean Downing as skipper was in die tweede plek. JP Uys was die Junior Swaarste Sak-wenner.
Louis van der Fyver van Worcester is as nuwe lid ingewei en ‘n konstitusie is aan hom oorhandig. Philip Fourie en Jean Downing het die Foefie-beker gedeel. Philip omdat hy heeltemal onnodig sy hele visgereiboks vervang het en Jean omdat hy as veiligheidsbeampte almal uittrap omdat hulle hom nooit bel nie – en toe is sy foon af toe almal hom bel!
Die aand is gesellig afgesluit met vis en skyfies en ‘n propvol dansvloer.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.