R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Op 9 September 2005 het ons oor Pieter (Mannie) Groenewald (skipper van Reintjies) berig en hom gevra hoe lank hy al vis vang en het hy vir ‘n oomblik gehuiwer en toe geantwoord: “Van ek kan onthou”. Ons herhaal weer wat ons daardie tyd oor hierdie Hardebaard geskryf het.
Daardie tyd al hoef jy nie verder te soek om ‘n Hardebaard te vind nie. Daardie artikel word woord vir woord herhaal.
Vanaf sestienjarige ouderdom werk hy al op die vistreilers en is tans skipper van Merlene.
Hy het ‘n paar interessante stellings gemaak, bv. wanneer jy tjokka vang is die suksesvolle “jig” wat jy gebruik die een wat se kleur oreenstem met die kleur van die vis (of die kleur van ‘n ander mannetjie, volgens iemand anders) wat die tjokka se eiers bedreig. Ons vang hulle mos hier wanneer hulle kom broei. Pieter sê geelbek sal sy eiers in die bamboes lê, maar wei op die moddergronde, daarom vind jy hulle op verskeie tereinne. Op Reintjies vang al die manne saam en nie elkeen vir homself nie. Die vis word gepoel en elkeen is geregtig op gelyke hoeveelhede. Indien twee bote saam begin lok gooi, kan hulle maar langs mekaar lê, maar indien die een reeds begin lok maak, hou liewer jou distansie. Hy is nog een van die manne hier wat glo dat jy die dollie met rukkerige bewegings moet inbring. ‘n Lepel word egter met egalige stroke hanteer. ‘n Sardyn sal hy ook nooit volledig aansit nie, maar die stert ‘n stukkie van afsny. Een lyn vir geelbek vang, twee vir kabeljou is aanvaarbaar sê hy. Vir silwervis in diep water, ‘n sinker van agt ons, en as die lyn swaar word, trek maar op -- hy’s aan!
En nou, iets wat ek lankal al oor wou berig -- die vang van geelstert. Pieter en sy manne is die eksperte: lees bietjie hoe maak hulle op Reintjies. In Juniemaand, sê Pieter, het hulle al heelwat geelstert gevang, hoewel die somermaande meer ideaal is. Sterretjies wat duik dui gewoonlik ‘n skool geelstert aan. Hy maak egter ook staat op sy visvinder en het verder ‘n paar landmerke wat hy gebruik om sy posisie te bepaal. Hy meen dat die visse op vlak plekke wei en dis ook hier waar vir hulle “getrawl” word. In dieper water word hulle met ‘n loodlyn gevang.
Vir geelstert word ‘n nr. 10-hoekie aan ‘n dunner lyn as wat gewoonlik vir geelbek gebruik word geheg.
Na die hoek volg die “skirt” en dan ‘n glysinker. Die armlengte lyn kry dan ‘n “swivel” en daaraan word die res van die lyn vasgemaak. Nou is jy reg vir “trawl”. Bly aan met sirkel. Die hoek word gelaai met ‘n stukkie seekat of tjokka. Fyn lokaas moet gereeld gebruik word en beslis nie stukke nie.
Verder sê Pieter, moet jy seker maak waar knope is. Geen punte moet uitstaan nie. Dit veroorsaak borrels wat vermy moet word. Begin met 9 faam en wanneer die vis naderkom, verkort die lyn. Trek die lyn en gee dan weer skiet. Wanneer die vis op die loodlyn gevang word is dit ‘n goeie idee om die glysinker bo die “swivel” te gebruik -- dan kan die lyn gebruik word as die vis opkom. Trap die sinker sommer met die voet vas! Ons kan nog baie by dié man leer. Dankie, Pieter.
Seemeeu
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.