R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Dit wemel van inkommers in die Kaap en Gansbaai as sulks, beleef ‘n positiewe insypeling van buite-energie.
Die mense wíl hier bly. Hulle wíl hier wees. Hulle dink nie daar is ‘n beter plek op aarde nie. Waar wil jy ‘n mooier winter beleef as juis hier in die Overstrand met die kleurryke fynbos, omsoom met ‘n see van water wat al die fasette van menslike buierigheid weerspieël?
By die munisipale kantore kla die ou inwoners oor die verskriklike hoë diensterekenings.
Die man vertel hy het nie eers water gebruik nie. (Ek wonder in my stilligheid oor higiëne). Hy het die afvalwater op sy tuin gebruik. Niks natgelei nie.
Nog ‘n man stoomroller die arme munisipale amptenaar agter glas. Weet sy waar kom hierdie water vandaan? Hoekom moet die inwoners betaal as die Staat die dam verniet opgerig het?
Die vroue agter glas doen wat ek my kinders leer doen het: “Smile and wave, smile and wave.”
Sou dit nou die rede wees hoekom my dogter as ‘n kelner in ‘n vliegtuig opgeëindig het, met ‘n rooimondglimlag wat vra: “Chicken or beef?”
Die inkommers maak deure oop. Hulle verkoop koffie. Hulle maak huise skoon Hulle maak pizzas. Hulle skilder en maak en verkoop. Hulle soek blyplek.
Hulle vra genade om tog net in hierdie wêreld aanvaar te word – en hulle word aanvaar!
Hulle leer oor bewaring: Skilpaaie, walvisse, dolfyne, goudgeel Canola lande, fynbos en proteas. Hulle sien weer orde, vriendelikheid, respek, mense wat hul werk doen.
Hier kom ‘n ding. ‘n Lekker ding!
Stanford, Gansbaai, Danger Point, Romansbaai, Kleinbaai, Franskraal, De Kelders, Stanfords Hill, Baardskeerdersbos, Pearly Beach, – skud jul vere, pronk gerus – behou jul hoë standaarde, want as jy eenmaal laat gaan, kry jy nie weer daardie leisels vasgevat nie.
Marinda van der Walt
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.