Sewe inbrake in een nag – een inbreker voor hof

Sewe inbrake in een nag – een inbreker voor hof

Gansbaai Courant

Die inwoners van Pearly Beach is in ‘n toestand van skok nadat daar verlede week in een nag by sewe huise ingebreek is.  By twee van die huise is mense ook aangerand en beroof.

Inwoners is tydens die twee huisrowe aangeval en ‘n vrou het ‘n poging van verkragting vrygespring.

Die volgende middag het ‘n lid van die publiek ‘n verdagte man met ‘n televisiestel in die bosse opgemerk en hom agterna gesit, maar hy het weggehardloop.

Die verdagte is herken as ‘n inwoner van Eluxolweni buite Pearly Beach en is Donderdag, 25 Augustus 2016 deur Gansbaai SAPD se Speurtak in sy woning vir die besit van gesteelde goedere gearresteer.

Themba Jange (29) het Maandag, 29 Augustus 2016 in die Hermanushof verskyn, met borgtog wat opponeer is.

Die eienaar van die televisiestel, ‘n Sinotec 40”, kan Gansbaai SAPD by 028-384-0201 kontak.

Aanvalle

Tydens die aanvalle was die misdadigers se gesigte verbloem en hulle het handskoene aangehad.

Sp.Kapt. Danie Rautenbach sê dat bogenmoede verdagte  met al die inbrake verbind word, maar nie met die huisrowe nie.

Gansbaai Courant wil op hierdie stadium nie enige name bekend maak van mense wat aangeval is nie, aangesien die polisie-ondersoek in ‘n baie sensitiewe stadium is.

Sp.Kapt. Rautenbach versoek inwoners om hulle sekuriteitsmaatreëls op te skerp, asook om seker te maak dat die alarms in sones opgedeel is en aktiveer word wanneer hulle gaan slaap.

“In een van die gevalle was die alarm nie geaktiveer nie en het die einaar verdagte geluide gehoor, maar nie dadelik die polisie geskakel nie,” het hy gesê.

Inwoners van Pearly Beach vergader vandag (Donderdag, 1 September) 18:00 in die Pearly Beach Hengelklubsaal in ‘n poging om hande te vat met die polisie ter voorkoming van misdaad.

Klipgooiery

Dit het onder Gansbaai Courant se aandag gekom dat verskeie motorfietsryers op pad Baardskeerdersbos toe, met klippe gegooi word deur minderjarige kinders.

Die redaksie doen ‘n beroep op enigiemand wat meer inligting hieromtrent het, om ons kantoor te skakel by 028 384 1473.

Perlemoenstropers

Perlemoenstropers voer ‘n skrikbewind onder inwoners by veral Pearly Beach en Danger Point – in so ‘n mate dat mense bang is om op stranduitstappies te gaan.

‘n Inwoner van Pearly Beach het Sondag gesien hoe stropers rustig en oop en bloot met hulle buit straataf stap.

Facebookgebruikers plaas daagliks foto’s van sulke voorvalle, maar dit blyk dat die stropers die oorhand gekry het.

Franskraal

‘n Buitelandse besoeker is verlede week van kontant beroof op die Franskraalstrand.

Dit wil voorkom asof  die rower nie daarop uit was om te beseer nie, maar bloot kontant in die hande wou kry.  Daar word bespiegel dat dit ‘n tik-verwante voorval kan wees.

Gansbaai Courant plaas graag weer die nommers van die onderskeie Whatsapp-groepe wat ons tot ons beskikking het: 

Perlemoenbaai – Mnr L Badenhorst: 083 691 6504;

Franskraal – Mnr W van der Merwe :  082 457 3291;

Kleinbaai – Mev J Taylor: 082 499 0222;

De Kelders – Mnr M Collings:  074 465 1058.

Sewe inbrake in een nag – een inbreker voor hof

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Courant
Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Gansbaai Courant
Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Gansbaai Courant
Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Gansbaai Courant
Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Gansbaai Courant
Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.

Gansbaai Courant