R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Ons doen dit almal een of ander tyd. Jy gee jou maat se lyn so ‘n skelm pluk wanneer hy dit nie verwag nie en die byna agteroorslaan van skrik is die moeite werd om te aanskou.
Hier’s ‘n soortgelyke storie, maar met ‘n stertjie. Phillip, dis nou ‘n goeie vriend van my, het die dag saam gaan hengel in Stilbaai se wêreld. Hy het die wêreld nie geken nie en was self nie so ‘n bedrywige hengelaar soos ek nie. Dit was egter ‘n lieflike dag, die water het belowend gelyk en met my versekering dat ons wel die vis gaan aankeer, is hy hoopvol en pure gesels saam. Soos dinge maar somtyds gaan, het ons teen die middag nog nie ‘n enkele byt gekry nie, laat staan nog ‘n vis gevang. Soos die dag aangeloop het, het Phillip al stiller en ook al klaeriger geword. Ek het ‘n paar maal moes aanhoor, “Dis omdat ék vandag hier is!” Wie ken nie ook die storie nie?
Ons het by Parsons se Gat gaan gooi. Tussen ons het ‘n diep sloep see-in gestrek. Een of ander tyd moes ons lyne kruis. Ek sê steeds dit was nie moedswillig nie. Ons lyne was lank reeds in die water toe ek besluit het om ‘n vars asie aan te sit. Met die klompie rotsriwwe was die kanse vir vassit goed en daarom het ek ekstra hard aan my stok gepluk. Phillip was so half uit my gesigsveld uit en ek kon net sy stok se punt gewaar. Toe ek egter die benoude kragwoord hoor en ek sien sy stok se punt sak so saam met my gepluk, het ek dadelik besef wat aan die gebeur was. Hy het op die rotspunt verskyn -- nee hy was getoor, want toe ek sien, staan hy reeds daar en die man slaan aanmekaar vas! Wanneer hy die stremming aan sy lyn voel, is dit weer so, menende dis die vis wat so spook. En vreemd tog dat die man so kon swets.
Dis toe dat die gedagte my te binne skiet, waarom hom nie bietjie moed laat skep nie? Dit kon tog net ‘n goeie ding wees. Eers moes ek hom kalmeer want hy sou bo van die krans afduiwel indien hy nie bietjie rustiger word nie. Ek het hom verseker dat sy lyn vashaak en indien hy net so bietjie skietgee die “vis” dalk die sinker sou losswem. Moet erken, ek het die spulletjie begin geniet. Daar was tog in elk geval nie vis nie. Elke dan en wan het ‘n vinnige pluk weer vir reaksie gesorg en elke keer word gevra of ek die geweldige byt gesien het -- en is dit nou ‘n grote, ou maat!
Ek het al skuldig begin voel en later maar besluit om lyn af te trek. Ook dit het hom geweldig laat skree en natuurlik die teleurstelling daarna toe die “vis” ophou spartel het hy luidkeels aan my oorgedra. Ek het besluit om maar stil te bly en hom sodoende gelukkig te hou. Die stertjie? Na hoeveel jare waarin ek herhaaldelik moes hoor hoe hy daardie dag sy grootste vis van sy lewe verloor het, en ek, die bedrewe hengelaar, die heel dag nie eens ‘n byt gekry het nie, het ek besluit om met die mandjie patats vorendag te kom.
Die uitdrukking in sy oë kan ek nie beskryf nie. Verwondering? Lag? Ongeloof? Ek weet nie. Dat ek veiligheidshalwe uit sy pad moes bly -- en dit na tien jaar, dís die stertjie! Geniet die see, Seemeeu
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.