R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Overberg Bootklub het die naweek die laaste Wesliga kompetisie aangebied in pragtige weerstoestande.
‘n Rekord aantal bote het deelgeneem en ‘n totaal van 19 skippers het hulle bote en bemanning uitgeneem see toe.
Die dag het mooi begin en die see het stil vertoon van die kant af, maar op see was dit maar taamlik grondpad vir die hengelaars.
Die mis het ook ‘n groot rol gespeel en van die skippers moes in die mis wal toe wat net weer bewys dat ‘n GPS ‘n noodsaaklikheid en nie ‘n luukse is nie.
Hoewel die vangste deur die loop van die week swak was, het dinge Saterdag gedraai.
Die spesietal het tot agt geklim en daar het ‘n paar mooi vis aan wal gekom.
‘n Pragtige witsteenbras met ‘n massa van 8.58kg is deur Bryan Fitchat uitgetrek.
‘n Geelbek wat die skaal op 6.24kg getrek het, is deur Amanda van Staden kant toe gebring.
'n Rooisteenbras met ‘n massa van 4.3kg is deur M vd Westhuizen ingeweeg en C van der Merwe het ‘n mooi rooistompneus van 4.48kg aan die skaal gehang. Slegs twee snoeke is vir die dag uitgetrek en die alom bekende silwervis, hottentot, gurnett en ‘n verdwaalde kabeljou het deel uitgemaak van die dag se vangs.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.