R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Biblioteek beplan ‘n opwindende aksie vir biblioteekdienste, maar maak staat op die samewerking van Gansbaai se leserspubliek. Die stigting van ‘n klub, “Vriende van die Biblioteek”, word beplan en die biblioteekpersoneel versoek biblioteeklede, asook die publiek, om saam op hierdie opwindende wa te klim. “Soos ons almal weet, is boeke vandag baie duur en dit duur soms net te lank vir Topverkopers vanaf Provinsiale Biblioteekdienste om hier aan te kom,” sê Sharman Geldenhuys, Bibliotekaris van Gansbaai Biblioteek. Sharman sê die Biblioteekstelsel bied 'n opsie om 'n Komitee saam te stel - bekend as “Vriende van die Biblioteek”. Hierdie komitee sal uit ‘n voorsitter, visie-voorsitter, sekretaris en tesourier bestaan.
Die hoofdoel van die komitee is om fondse op kreatiewe maniere te genereer om dan nuwe voorraad vir die Biblioteek aan te koop. Die Biblioteek ontvang ook gereeld boeke as donasies wat nie in voorraad opgeneem kan word nie; hierdie boeke kan dan verkoop word om fondse te genereer vir die aankoop van nuwe boeke.
Die eerste GROOT boekuitverkoping gaan Vrydag, 30 September 2016 op die Biblioteek se voorstoep plaasvind en alle gelde wat op daardie dag gemaak word, sal aangewend word om die "Vriende van die Biblioteek" te stig. Belangstellendes kan vir Sharman Geldenhuys of Edna van der Linde by 028-384-8346 skakel, of stuur ‘n e-pos aan sgeldenhuys@overstrand.gov.za.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.