R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Sewe-en-tagtig deelnemers van regoor die Wes-Kaap het ‘n opwindende dag vol uitdagings en avontuur beleef tydens Laerskool Gansbaai se 4x4 Hindernisdag.
Dit is die tweede keer dat die uiters gewilde dag in samewerking met Murasie aangebied word.
Vrydagaand, 2 September, het talle entoesiastiese deelnemers en ondersteuners gure Overstrandweer trotseer en ten spyte van swaar reën het die vure hoog gebrand en is daar tot laat-aand gesellig gekuier.
Nadat die dag amptelik geopen is deur Mnr Eben van der Merwe, skoolhoof van Laerskool Gansbaai, het Saterdag se verrigtinge afgeskop met ‘n tradisionele ontbyt voor die eerste uitdaging aangepak is. ‘n Beplande 16 km gedeelte van die skilderagtige Murasie 4X4-roete is onder leiding van gidse Maranelle Basson, Willem Schoombee, Jacques Coetzee, André Hage, Eben Visser en Kosie de Wet aangepak. Die vorige dag se swaar reën het sommige hindernisse baie moeilik oorkombaar gemaak en dit het opeenhopings veroorsaak. Die 4X4 entoesiaste het nie toegelaat dat hul geesdrif gedemp word nie en die rit het vinnig in ‘n herwin-en-uitsleep uitdaging ontaard.
Tydens middagete is toeskouers en deelnemers vermaak deur Ian Nutall met ‘n geblinddoekte drywer en ander kompetisies soos “Bullseye” en “Guess the tyre pressure”.
Na middagete het die fokus verskuif na ‘n kort hindernisbaan, wat spesiaal vir die geleentheid deur Kosie de Wet en Woens Basson beplan en gebou is. Hier het deelnemers teen tyd met mekaar kompeteer. Toeskouers het die aksie vanaf die aangrensende damwal dopgehou en gedeel in die skertsende geterg van die ondersteuners van verskillende fabrikate en bestuurders. Die laaste aktiwiteit van die dag was ‘n “mud run”-tydtoets wat ook vir hope vermaak gesorg het.
Wenners
Na afloop van die aktiwiteite is Johan Kotze met sy Toyota-bakkie as die Algehele Beste Bestuurder van die dag aangewys. Hy was ook die wenner van die “Mud Run”. Die Beste Damesbestuurder was Jane de Wet en die wenner van die Hindernis Uitdaging was Riaan Bothma. Dries du Toit met sy Toyota Fortuner het ‘n toekenning gekry vir die Mees Gewaagde “Stunt” van die dag.
Die geleentheid word deur die LSG Ouergemeenskap gereël as fondsinsameling ten bate van Laerskool Gansbaai se Ontwikkelingsfonds. Volgens Francois van der Westhuizen was die dag ‘n reuse sukses. Woens Basson het op sy beurt gesê hy het altyd geweet ‘n 4X4-Dag by Murasie het die potensiaal om ‘n groot sukses te wees. Albei dié organiseerders mik vir TV-blootstelling volgende jaar! Reëlings vir April 2017 is alreeds voluit aan die gang.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.