R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die volgende info sal nie vir die ervare skipper van veel nut wees nie. Inteendeel, hy kan baie ekstra inligting bydra. Ons vra dus die onervare persoon om nader te staan. Ons begin sommer by die volgende: om jou nuwe boot ten beste te benut is die groot vereiste dat jy moet lief wees vir die see, anders sal dit baie gou net ‘n las wees. Dan moet jy aan die volgende punte van belang aandag gee:
As jy nie die nodige kundigheid het nie kry iemand (soos ‘n Hardebaard, beslis nie ‘n verkoopman nie!) om jou by te staan. Daar sal gekyk moet word na die tipe boot (nr. een, is dit ‘n seeboot?), die grootte daarvan, asook die toestand. Is dit toegerus met die regte grootte motors? Onthou dat sekere bote anders op die water reageer en veiligheid is baie belangrik. Jy moet ook oplet na die veiligheidstoerusting. Hoe naby aan vervaldatum is hulle? En redelik onlangs het die regulasies verander. Daar moet nou ‘n spesiale draadloos aangeskaf word en sonder die nodige kontakte kan dit jou maklik ‘n hele paar duisend rand ekstra uit die sak jaag. Maak dus seker dat die boot wat jy in gedagte het reeds met hierdie draadloos toegerus is. Vlottasie is ‘n ander probleem wat jou ook kopsere kan besorg indien jy dit dalk moet verander. Laat die persoon wat jou gaan bystaan hier raad gee. Indien jy bogenoemde knelpunte in ag neem en jy die regte raadgewer het sal jou nuwe boot jou baie plesier en genoegdoening verskaf. Dit is altyd raadsaam om eers die boot op see te toets (veral met ‘n tweedehandse aankoop). Sorg dat ‘n ervare persoon saamgaan.
Jare terug was die storie nie so ingewikkeld nie.
Reëlveranderings, veral dees-dae, kan groot kostes meebring en baie van die ouer garde veral het noodgedwonge moes ontslae raak van hulle bote wat al die jare een van hul mees gewaardeerde besittings was. Ongelukkig is daar geen simpatie of toegewing nie en omdat dit finansieel probleme gebring het moes prioriteite in ag geneem word. Daar kan nie gestry word dat nuwe reëls ekstra veiligheid verseker nie en almal maar moet aanpas. Dit bly in elk geval ‘n feit dat omdat van hierdie ouer garde al die jare heel goed op see klaargekom het en natuurlik baie bedrewe, hierdie nuwe reëls vir hulle baie problematies was. Hoekom nie so nou en dan, wanneer die water dit toelaat, van hierdie ouens oplaai en saamneem water toe nie? Daar is beslis baie by hulle te leer wat hengel en algemene kennis betref, so doen dit gerus.
So wanneer dit kom by boot aanskaf, gee baie aandag aan die detail en oorweeg jou opsies deeglik.
Groete, Seemeeu
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.