R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Kus- en Mariene bewaringsbewustes in die wêreld verenig jaarliks op Internasionale Kusopruimingsdag om ‘n bydrae tot die voorkoming van mariene-uitwissing deur plastiekware af te skaal.
Vanjaar het die dag op 17 September 2016 geval. Inligting wat op hierdie wyse versamel word, word na ‘n nasionale- en internasionale databasis gestuur. Vanjaar het ‘n paar groepe onder leiding van Gansbaai Toerisme en Dyer Island Conservation Trust (DICT) saamgestaan en op drie areas gefokus: Uilenkraalsmond by die brug op die R43, Gansbaai Karavaanpark (hawe-gebied) en Stanford’s Cove het deel uitgemaak van die plaaslike inisiatief.
DICT met die samewerking van die skolebewaringsgroep vanuit Masakhane, Deep Blue, Internasionale vrywilligers, Overstrand Munisipaliteit en Gansbaai Toerisme het gesamentlik twee en twintig sakke vullis (115.9 kilogram) opgetel as hul bydrae om ‘n verskil in hierdie area se kuslyn te maak.
Die groepe het hoofsaaklik glas en plastiek in hierdie gebiede opgetel.
Dit kom as geen verrassing indien statistieke van sowat 5.25 triljoen plastiekitems in aanmerking geneem word nie. Honderd-duisende mariene spesies vrek jaarliks as gevolg van plastiekitems en verstrikking – en hierdie getal berus net op diê spesies wat gevind word. Hieruit blyk dat minstens twee derdes van die wêreld se visvoorraad onder die inname van plastiek deurloop.
Raak betrokke
Die sleutelwoord hier is om die gebruik van plastiek vandag nog te staak.
Negentig persent van daaglikse menslike gebruik bestaan uit kruidenierssakke, plastiekverpakkingsmateriaal, plastiekeetgerei, strooitjies en ander plastiekartikels, wat met herwinningsmateriaal vervang kan word. Elke enkele poging tot die bewaring van ons omgewing, maak wel ‘n verskil.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.