R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die afsterwe van Keanen Myburgh (16), ‘n Graad 10 leerder van Overberg Hoërskool (Ovies) in Caledon, het groot hartseer tot gevolg gehad. Keanen se pa Toni, het hom Saterdag, 10 September 2016 dood in die huisgesin se badkamer aangetref. “Die skool het die daaropvolgende Maandag gereël dat ‘n berader met die Gr 10 leerders oor hul gevoelens en verlies kan praat,” het mnr Eddie Labuschagne, skoolhoof, gesê. “In die voorportaal brand ‘n kers by Keanen se foto en vlae in die vierkant hang halfmas ter herinnering dat sy skoolbank nou leeg is.” Die Graad 10C leerders het enkele hartroerende afskeidsbriefies geskryf, waardeur Keanen se gewildheid as klasmaat beklemtoon is. Hulle het ook in ‘n kring op die rugbyveld met geboë hoofde gaan sit – in stille nagedagtenis aan ‘n geliefde klasmaat wat deur die dood weggeneem is.
Keanen is Saterdag, 17 September 2016 vanuit die Anglikaanse Kerk in Caledon begrawe.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.