R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Dokumentering van emosies
Eric Kim, een van die wêreld se uitstaande straatfotograwe, se definisie van straatfotografie is: “Street photography is documenting humanity.”
“Dit is die essensie van straat-fotografie,” het Robert Johnson, aanbieder van straatfotografie tydens Gansbaai Fotografieklub se byeenkoms op 19 September 2016 te Groeneweide Kwekery gesê.
“Vir steel-fotografie (candid photography) word geen vooraf goedkeuring benodig nie, maar vir straat-portretfotografie (street portraiture) moet goedkeuring gevra word alvorens ‘n foto geneem mag word,” het Robert gesê.
Redes vir belangstelling in straatfotografie, is heel eenvoudig, aangesien elke fotograaf sy/haar eie redes het: intense belangstelling in mense; die fotograaf word uit sy gemaksone gedwing; dit is avontuurgerig; dit gee die foto-graaf ‘n beter siening van die lewe rondom hom/haar.
Enkele punte wat vir straat-fotografie onthou moet word, is: die fotograaf is nie in beheer van die persoon nie; nie alle mense wil afgeneem word nie; wees vriendelik wanneer goedkeuring vir ‘n foto gevra word; moenie reageer op beledigings nie; vermy oogkontak.
Robert het ook nuttige wenke oor kameras en kameralense vir straatfotografie aan die lede verskaf, asook waarvoor fotograwe op die uitkyk moet wees. Hy het afgesluit met: “If the image has strong emotions, it reminds us of humanity.”
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.