R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Ek het ’n lekker briefie ontvang van Judith Vorster wat ’n nuwe lid van ons Rolbalklub is. Sy en haar man André, het ná hulle aftrede in Perlemoenbaai kom woon en kan nie uitgepraat raak oor die “vriendelikheid en gasvryheid” van die lede van Franskraal se rolbalklub nie. Judith skryf:
“Drie spanne van Franskraal het Saterdag 10 September in Riviersonderend aan ’n kompetisie deelgeneem – my eerste ervaring as ’n nuwe lid om op 'n ander dorp te gaan speel. Vroeg al gery uit Gansbaai, lekker gesels en die mooie Overberg met tarentale langs die pad geniet. Ons leer mekaar ook sommer beter ken. Met ons aankoms is ons getrakteer op heerlike toebroodjies, tee en koffie en pragtige groot bosse rose wat die saal versier het. Ons het twee wedstryde voor ete gespeel, ’n heerlike middagete geniet en daarna nog ’n wedstryd. Eerste wedstryd gelykop. Die tweede speel ons ons harte uit, maar verloor teen die kampioenspan van Bredasdorp. Tog stap ons met ’n glimlag van die baan af, want nuwe vriende is gemaak en alles geskied in ’n wonderlike atmosfeer. Laaste wedstryd weer verloor, want sommige van ons se petrol het opgeraak na die heerlike middagete. Twee van Franskraal se spanne eindig onder die eerste vyf plekke. Ons ry laatmiddag terug en ek dink hoe lekker die dag was. Riviersonderend het ons baie tuis laat voel. Rolbal gaan nie net oor balle rol nie, dit gaan oor samesyn, kameraadskap, vriende maak, lekker kuier en laaste, maar nie die minste nie, ook lekker eet! Kan nie wag vir ons volgende wegspeelkans nie!”
Kyk net wat mis jy as jy nie lid is nie! Skakel 082 468 8765 as jy ook wil inskakel.
Vriendelike rolbalgroete,
Ankie
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.