R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die lente is hier en Gansbaai se gholfbaan is ‘n kleurespel van geel, pers en oranje blomme in die semi-rof wat strek so ver as wat die oog kan sien.
Gekombineer met pragtige skoonvelde en die beste setperke in die Kaap nooi dit lede en besoekers uit om hul beste gholf te gaan speel.
Uitslae
Woensdag se Sloegters-wenner was Sextus Neethling met 46 punte (bruto 78). Tweede was Daniel van der Merwe met 43 (bruto 71), gevolg deur Jakkie Beukes 43, Charlie Bent 42 (bruto 71), Pierre Pieterse 40, Neil Harrison 40, Johann Kruger 39, Johan Coetzee 39, Lieb Louw 38 en George Hunt 38.
Naaste aan die penne was Daan Victor op no 2 en 11, Sextus Neethling op no 8 en 17 en Leon Lombard op no 15.
Die langste set op putjie no 9 en 18 is gewen deur Jakkie Beukes.
Spog Twee’s is aangeteken deur Daan Victor op no 2, Sextus Neethling op no 8 en 17 en Charlie Bent op no 17.
It was a day thoroughly enjoyed by all present with lovely meat-prizes and a wors-braai supplied by Neil Harrison.
Nat weer pooitjie kompetisie
Vrydag se OK Foods 9-putjie kompetisie is deur die koue en nat weer in die wiele gery en net 3 spelers was braaf genoeg om af te slaan.
Die wenner was Lieb Louw met 21 punte, gevolg deur Daniël van der Merwe 20 en Jakkie Beukes 16.
Die klubbestuur is dankbaar vir Chris van Rensburg wat hierdie kompetisie weekliks borg.
4BBB Stableford
Saterdag se kompetisie was ‘n 4BBB Stableford en die wenners was Leon Hattingh en Nic Louw met 50 punte, gevolg deur Gert Albertyn en Leon Hattingh 46, Daniël van der Merwe en Lieb Louw 43, Dawie Viljoen en Pierre Pieterse 43, Pieter Loubser en Daniël van der Merwe 42, Steve Muller en Etienne Engelbrecht 42. Naaste aan die penne was Lieb Louw op no 2 en 11 en Daniel van der Merwe op no 8 en 17 en no 15. Nic Louw teken ‘n Spog Twee aan op putjie no 2.
Hierdie Saterdag
‘n Enkel Stableford-kompetisie word hierdie Saterdag, 24 September 2016, gespeel.
Senior Liga
Verlede Saterdag het die Senior Liga-span op Hermanus teen Devonvale gespeel en met 6-0 verloor.
Die liga is in ‘n baie goeie gees gespeel. Die teenstanders was byna almal scratch spelers met die hoofdoel om ‘n heerlike dag op die gholfbaan te geniet.
Die manne het egter almal baie goed gedoen en hul teenstanders gehou tot op no 15.
Die span wat bestaan het uit George Hunt (Kaptein), Jacques Nell, Andre Roos, Sextus Neethling, Johan Coetzee en Bev Swart, het hulle goed van hul taak gekwyt. Die volgende wedstryd vind plaas by De Salze op 8 Oktober 2016.
Regstelling: Die foto wat verlede week in Gansbaai Courant geplaas is, is dié van die Senior Ligaspan en nié die komiteelede nie.
Borgdag geskuif
Die Thorburn Security gholfdag is na 5 November verskuif, as gevolg van die Senior Liga wat op 8 Oktober by De Salze gholf speel.
Geselligheid
Die klub se gewilde ‘Steak’ Aand vind op 30 September plaas en nooi alle belangstellendes uit na hierdie gesellige kuieraand.
Ria van der Merwe en haar span stel nooit teleur met hulle bykosse nie.
Johan Coetzee, 082-878-0534, gbgholf@gmail.com
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.