R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
‘n Sondagmiddag-konsert met plaaslike musikante en dansers is in die White Shark Disco gehou om fondse in te samel vir die enorme uitgawes wat gepaard gaan met die lewe van ‘n gestremde persoon.
Die konsert, ten bate van Calvin Olivier het sowat veertig gaste opgelewer.
Lofdanse onder leiding van Lynette van Wyk, ‘n ballerina van ouds, het die verrigtinge ingelei.
Haar mededansers was Elche van Wyk, Blanché Steynberg en Mitchell Temmers.
Micaela Loubser op die fluit, is begelei deur Cassia Mildner en het die gehoor verras met hulle uitmuntende talent.
Bea Whittaker, ‘n sopraan van Stanford is deur Marjaan van Tonder op die klawerbord begelei. Bea se suiwer stem sal hopelik nog male sonder tal op Gansbaai-bodem gehoor word.
Marjaan het ook solo-stukke gespeel en het met bravura verwerkings en optredes vorendag gekom met onder andere Fantasie Espãnol, Libertango en vertolkings van bekende film-temas.
Op ligter noot het Dirk en Eva Buchner met ou bekende liedjies ingeval, begelei deur Dirk op die kitaar.
Meer konserte soos die sal beslis ‘n aanwins wees vir Gansbaai. Tydens ‘n kort gesprek met Calvin, was hy verheug dat hy reeds albei sy arms kan oplig. Hy sal binnekort ‘n operasie ondergaan aan albei hande en hoop om die gebruik daarvan terug te kry.
Marjaan van Tonder, wat die konsert gereël het, het teen ons ter perse gaan laat weet dat ‘n bedrag van R8 000 ingesamel is tydens die konsert.
Persone wat nog bydraes wil maak kan direkte deposito’s maak: D Olivier/C Olivier – ABSA – Rekeningnommer: 931 821 4534 – Takkode: 632 005 met verwysingsnommer: U naam.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.