R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Ons het reeds vantevore die kwessie van ‘n goeie skipper en sy vaste bemanning bespreek. Hierdie keer kom “crew” aan die beurt wat nie noodwendig gereeld see toe gaan nie.
Baie van die vereistes oorvleuel natuurlik, maar ek gaan konsentreer op die goed wat ‘n skipper na sal oplet en so ‘n bemanningslid dan ook meer sal waardeer. Kom ons lys so ’n paar items:
Waar jy ookal op die boot jou sitplek kry, hou altyd die motors dop om te sien of die watersirkulasie genoegsaam is.
Dis ook wys om na enige ander ongerymdhede, soos byvoorbeeld, oortollige water in die boot, op te let.
In beide hierdie gevalle sal dit in orde wees om so gou moontlik alarm te maak en jou aandele, kan jy seker van wees, sal baie styg.
Wees bereid om te help met die anker se trek en maak die area om jou gereeld skoon (dít veral behoort jou skipper te beïndruk!). Trek ook dadelik jou lyne op wanneer jy so gevra word. Dit is nou met die “up lines”-versoek. Wees bereid om kennis te deel en te ontvang. Die ander manne sal dit nogal waardeer indien die vis by jou byt en jy hulle verwittig hoe diep jy lê en sommer ook watter aas jy gebruik. Jy gaan hulle meer beïndruk deur hierdie aksie wanneer jy alleen “gelukkig” is as om daaroor te wil spog oor hoe goed jy nou eintlik vaar!
Onthou met hengel is daar altyd iets nuuts te leer al is jy nou hoe jonk of hoe oud. Die kanse is heel waarskynlik dat dit eenrigtingverkeer gaan wees met ‘n hardebaard wat sy ding ken, maar hierdie manne weet dat daar altyd iets nuut is, al leer hy net hoe om dit níé te doen nie.
Gewoonlik word die vis wat gevang word nie sommer op die boot se dek gelaat nie. Vra gerus die ander manne wat die prosedure is.
Hou ook by die skipper se bepaling sover dit kwotas aangaan.
Indien jy hou van wat jy ervaar, die dag geniet en “jel” met die ander manne, en natuurlik dit so verkies, is jou kanse daar om as een van die gereelde bemanning aanvaar te word.
In so ‘n geval is daar nog ‘n klomp goed wat vir jou in die prentjie kom. Die bogenoemde is nie iets waarvoor jy uitgesonder word nie, almal, ook die skipper, moet aanpas. Sodoende, is die dag saam baie aangenaam.
Groete, Seemeeu
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.