R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Om die tagtig trappies by Walker Bay Donderdagmiddag (20 Oktober 2016) uit te klim, was dié dag se grootste uitdaging vir agt stappers op hul Pelgrimstog van Hoop. Die staptog wat oor ongeveer 314km strek vanaf Stellenbosch tot by Agulhas het agt mense wat mekaar “nie van Adamskant” af geken het nie, byeen gebring op ‘n vyftien dae lange tog, oor onder andere die Swartberge.
Al wat hulle in gemeen gehad het, was dat hulle NG Kerk lidmate is.
Vandag is hulle intieme vriende wat “hoop” in ons land gaan soek het en baie daarvan gevind het.
Hulle het ook hulself herontdek, vertel hulle, terwyl hulle hul voete rus en hulle kaalvoet, of met gemaklike plakkies, ontspan in die De Kelders-vakansiehuis van ‘n weldoener, Nonna de Vos.
Die groep wat bekendstaan as die Strauss-Pelgrims se woordvoerder is Michiel Strauss – oud-predikant van Stellenbosch. Hy vertel dat hierdie ook sy eie pelgrimstog was – ‘n Camino van Hoop.
Die idee om ‘n Suid-Afrikaanse Pelgrimsroete te vind, het in 2012 by Frederick Marais van Stellenbosch ontstaan nadat hy die Camino de Santiago in Spanje gestap het.
So het die Pelgrimstog van Hoop saam met Communitas, ‘n sentrum vir gemeentebegeleiding van die NG Kerk posgevat.
Die Strauss-groep is die tweede groep wat ‘n Kaaproete aanpak. Daar is ‘n nuttige boek beskikbaar gestel van die ander Kaap-roete, die Tankwa Camino tussen Ceres en Calvinia. Die boekie bevat waardevolle inligting wat voornemende stappers sal help op hul roete.
Die Strauss-Pelgrims, wie se ouderdomme wissel van 38 tot 68, is baie opgewonde oor die inligting wat hulle na afloop van die tog aan voornemende stappers bekend kan maak. Hulle het op 9 Oktober na‘n nagmaalsviering op Stellenbosch begin stap. Hulle vertel van hul ervarings by die Pniël-gemeente, hul besoek aan die museum daar, hul Franschhoek-ervaring, deur Boschendal, hul gesels en lag oor “Cat se Pad”, hulle aand by die VCSV-kamp by Carmel – hoe hulle mekaar elke dag beter leer ken het, lang ente kon filosofeer oor hul spirituele ervarings. Hulle het verskeie kerke besoek en is eens met die feit dat hulle volgeling van die Here Jesus is en saam kon bid.
Hulle raak bewoë oor ‘n “Oom Francois” wat 4 km voor Villiersdorp by hulle gestop het – hulle was poegaai – hulle opgelaai het en dat hulle moes uitvind dat ook hy die Spaanse Camino gestap het. Hulle het oor ‘n wildheining geklim, hulle is deur die Hemel-en-Aarde Vallei, hulle was by Hermanus se Uitkykpunt, Olifantpad langs, hulle lag oor die lang pad op soek na die kruis by Wortelgat. Iemand het vir hulle gesê die kruis is net oor die duin, maar ‘n moeilike 5km se stap verder, het hulle uiteindelik die kruis bereik.
Die baanbrekers het Vrydag via Baardskeerdersbos oor Elim, deur die Springfield Nasionale Park gestap om Sondag by Agulhas, die mees suidelike punt van Afrika, te bereik. Daar het hul families hulle ontmoet en is hulle staproete afgesluit met ‘n gebed deur ds Franciska Andrag-Meyer. Enigiemand wat belangstel om hierdie pelgrimstog aan te pak, kan ‘n epos stuur aan: pilgrim@sun.ac.za.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.