Parooldief weer vas oor stelery

Parooldief weer vas oor stelery

Gansbaai Courant

Die 37-jarige Simbonile Maqa was op parool uit, toe hy weer eens ‘n misdaad gepleeg het.

Maqa het Sondag, 30 Oktober 2016 omstreeks 02:40 na bewering ‘n sleepwa by ‘n vakansiehuis in De Kelders gesteel.

‘n Inwoner van De Kelders het gesien hoe twee mans die Venter sleepwa aan ‘n voertuig koppel, waarna hulle weggery het.  Hy het die polisie geskakel.

Adj.Off. Lourens en Konst Lolwana wat uitgeroep is na die toneel, was oppad daarheen toe hulle ‘n verdagte voertuig met ‘n sleepwa gewaar.

‘n Jaagtog het ontstaan en die vermeende skelms het albei die voertuig se deure oopgemaak in ‘n poging om uit te spring. Een van hulle het wel daarin geslaag om weg te  kom.

Die polisie kon daarin slaag om die voertuig met die sleepwa in Barnardstraat, Gansbaai af te trek en het Maqa gearresteer.

Die eienaar wat in Rustenburg, Noord-Wes Provinsie woon, het Dinsdag ‘n klag van diefstal by die Gansbaai Polisie gelê.

Maqa het dieselfde dag in die Hermanus-hof verskyn op ‘n aanklag vir die besit van gesteelde eiendom.  Borgtog is geopponeer weens vorige veroordelings.

Maqa was een van die beskuldigdes wat in 2010 by ‘n inbraak by Grootbos Natuurreservaat  betrokke was.  Hy was toe tot tien jaar gevangenisskap gevonnis, waarvan drie jaar vir vyf jaar opgeskort is.

Maqa sit nou met twee klagtes teen hom, naamlik die besit van gesteelde eiendom en een van diefstal.

Maqa is  op grond van goeie gedrag vrygelaat op sy vorige vonnis toe hy Sondagnag weer ‘n misdaad gepleeg het.

Parooldief weer vas oor stelery

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Courant
Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Gansbaai Courant
Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Gansbaai Courant
Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Gansbaai Courant
Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Gansbaai Courant
Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.

Gansbaai Courant