R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Wanneer jy ‘n kunstige temperament met ‘n mediese veeg kruis, kry jy Adrie Nigrini – en daardie Nigrini moet Italiaans uitgespreek word – let wel - en sy sê dit tog al te mooi!
Adrie Nigrini is een van die nuwe entrepreneurs in ons dorp wat onlangs die salon “Beauty Spot” in Hoofstraat geopen het.
Adrie vertel dat sy net drie wekies oud was toe sy al vir die eerste keer hier in Gansbaai kom vakansie hou het saam met Oupa Okkie en Ouma Doll Burger van Robertson.
Goeie herinneringe.
Met die inisiatief van haar kunstige argitek lewensmaat Martin Prinsloo, het die naam en handelsmerk van ‘The Beauty Spot’ gestalte gekry.
Adrie is reeds bekend in Gansbaai vir haar tatoëer-kuns, maar min mense weet dat sy al jarelank paaie kruis tussen medies georiënteerde beroepe en kuns, vandaar haar beheptheid met higiëne. Sy het selfs ‘n spesiale ultravioletligsteriliseerder en autoclaaf aangekoop waarin elke stukkie toerusting in haar salon kiemvry gemaak word.
Sy was vir 15 jaar lank ‘n tandartsstoelassistent en tandteatersuster.
Haar passie om mense te help kom al van standerd een af toe sy begin het met noodhulpklasse.
Adrie het deeltyds begin studeer en terwyl sy ‘n apteekassistent in Durbanville was, het die kunsstreep wat sy van haar ouma-grootjie geëerf het, haar gelei van pottebakker tot pastel-kunstenaar.
Dié dat sy vandag ‘n vaste hand het wanneer sy sekuur haar kliënte se permanente grimering, wimperverlengings, akriel- en jelnaels aanwend en versier.
Sy het haar permanente grimering en mikrolemtegniek by die befaamde Yvonne Hughes van Somerset-Wes bemeester en pas hierdie kunstige wenkbroutegniek al vir meer as ‘n dekade toe.
Sowat tien jaar gelede was sy ook ‘n dosent vir die OPI internasionale reeks skoonheid- en naelprodukte.
By Adrie se salon word haar kliënt nie in ‘n tydgleuf ingedruk nie – tegniek, verweef met higiëne neem tyd – en dit is wat sy by The Beauty Spot aanbied: Kunstige, tydsame, ge-oefende tegniek.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.