R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Aan die stuur van die nuwe Eigelaar Marine Store, is ‘n man met ‘n hart vir die see – Pieter du Toit.
Pieter ken die seebedryf. As boorling van De Doorns het hy kompeterend aan Rots-en-Strand hengel deelgeneem en met Boland Kleure as junior en senior hengelaar na Presidentskleure gevorder.
Na skool het hy kommersieel lynvis gevang saam met welbekende Oom Pieter (Kalbas) du Toit. Op die boot Runtu, van oorlede Oom Eben Wessels het hy die treilvisbedryf betree. Hy het ook saam met Oom Eben se seun, Ian – van die welbekende boot “Wildegans” gewerk.
Aan die einde van 2000 is hy terug De Doorns toe om sy pa in sy supermark by te staan, maar die besigheid is verkoop nadat sy pa se gesondheid ernstig agteruit gegaan het.
Pieter het teruggekeer na waar sy hart lê en sy brood as lynvisser in Gansbaai kom verdien.
‘n Nuwe wêreld het vir hom oopgegaan toe hy in 2010 ‘n werksaanbod van Marine Dynamics ontvang het. Hy was aanvanklik deel van die bootbemanning, maar het hom binne ‘n jaar opgewerk as skipper van die bote Slashfin en Dream Catcher. Pieter is baie dankbaar vir dit wat Wilfred Chivell, direkteur van die Marine Dynamics groep, vir hom beteken het.
Met hierdie agtergrondkennis van die vissersbedryf, was Pieter dus die ideale persoon vir die Eigevis-groep wat vandeesmaand aan boord gekom het in Gansbaai met hul Eigelaar Marine Store. Die groep is bekend oor die hele Weskus met winkels van die Kaap tot by Mosselbaai.
Die goed gevestigde maatskappy besit ook ‘n paar hotelle en drankwinkels. Hulle doel is om goeie diens te lewer in Gansbaai.
Pieter word in die winkel bygestaan deur Gerald Visser, ‘n gebore Gansbaaier met ‘n stewige agtergrondkennis van die see.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.