R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
So ‘n paar jaar gelede het Jacques Viljoen (een van die jonger Hardebaarde, daardie tyd) sy mening gelug oor hoe hy sy hengeltegniek toepas. Ons herhaal hiermee sy interessante sienswyse, woord vir woord:
“Ek glo aan die volgende: Elke vis het sy tyd en plek, maar daar is altyd die uitsondering – vang die vis volgens die tyd van die jaar en die weer. Die noordwester byvoorbeeld, maak die water warmer en veroorsaak dat die vis dieper byt. Dit is egter dieselfde kabeljou wat vlak én dieper byt. Normaalweg, tydens die somer se suidoosterwinde beweeg die vis na Frikkiesbaai, asook na Holbaai. My geliefkoosde tyd vir Franskraal is gedurende Desember tot Maart. Ek verkies ‘n 11/0-hoek vir die kabeljou en ‘n lynsterkte van 46kg. Soms sal ek ‘n tjokka heel aansit, met die kopkant na die hoek se punt toe. Normaalweg gebruik ek ook ‘n heel sardyn as aas en ‘n ligte sinkertjie, in geval van ‘n stroom. ‘n Ander tegniek van my is om ‘n twakkie se ruggraat uit te sny en dan die kop en die twee sye saam as aas te gebruik. ‘n Ligte lyn deug nie vir my nie. Nog iets waaraan ek glo: Soek die sandsloepe op – sonder om geraas te maak. “Dik” water is uit. Die kleur moet half deurskynend wees. In die aand is vaalwater egter nie so kritiek nie. My visstok gebruik ek om moeilike plekke te bereik. Let ook maar op, wanneer die aasvissies ophou met byt is dit moontlik, omdat die ou groot bulle skielik opgedaag het.”
Sy kommentaar bly steeds baie interessant. Dankie weer eens, Jacques. Almal wat hierdie man ken weet dat hy al heelwat van die groot bulle op sy kerfstok het, so neem maar kennis.
Hou die volgende ook in gedagte: Sleepvis (die vis moet nie gesien word nie) sandvis (die vis word in die sand gebêre) en nou ja, galjoen – een en dieselfde ding!
Die amptelike vangseisoen is verby en as jy so ‘gelukkig’ is om te deel in hierdie vangste, wees gewaarsku. Die boete is allervreesliks.
Groete,
Seemeeu
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.