Stryd teen DAFF

Stryd teen DAFF

Gansbaai Courant

‘Suid-Afrika verloor die oorlog teen perlemoenstropery.’

Dit was die woorde van die Wes-Kaapse Provinsiale verteenwoordiger en voorsitter van die staande komitee vir Ekonomiese Aangeleenthede, Toerisme en Landbou, me Beverley Schäfer, tydens ‘n openbare vergadering in Gansbaai wat Maandagmiddag hier plaasgevind het.

Dit was die eerste van twee loodsvergaderings wat deur DA raadslede Riana de Coning, (Wyk 2) en Dudley Coetzee (Wyk 11)  gereël is. Die tweede vergadering het die aand in Pearly Beach plaasgevind.

DAFF kortwiek vordering 

Die ander belangegroepe wat teenwoordig was, is Brig Donovan Heilbron: Groepbevelvoerder SAPD Overberg, kapt Danie Rautenbach, speurhoof:  SAPD Gansbaai, lt-kol Kholosa Moshi, stasiebevelvoerder: Gansbaai en Neville Michaels, direkteur Veiligheidsdienste van die Overstrand Munisipaliteit.

Dit was duidelik dat inwoners sat is vir perlemoenstropers wat ooglopend meer regte op die strande het as die publiek. Dit is egter ook duidelik dat inwoners bereid is om saam met die owerhede te werk om misdaad hok te slaan.

Volgens rdl Riana de Coning blyk die grootste probleem te wees die Nasionale Regering wat voete sleep met die perlemoenprobleem.

Me Schäfer en haar Departement voer ‘n geweldige stryd met die Departement van Bosbou en Seevisserye (in kort bekend as DAFF) en het die respek van die vergadering gewen met ‘n lang feitelike verduideliking van haar stryd teen DAFF en dat haar departement in die proses is om DAFF voor die staande komitee te daag.

Die Staat se koffers bult uit perlemoen wat in die Overstrand gestroop word.

Volgens me Schäfer, begroot DAFF nagenoeg 30% inkomste per jaar uit perlemoenstropery. Hierdie stropery gaan gepaard met verskeie ander misdade, soos dwelms, huisbrake, motorinbrake, onpadwaardige voertuie en meer.

Om dié rede het lede van die publiek verlede week inderhaas ‘n vreedsame optog deur die strate van Gansbaai gereël om hul misnoeë teen misdaad te onderstreep.

Die tydsberekening van die optog was perfek, aangesien die betrokke raadslede reeds ‘n loodsvergadering oor misdaadbedrywighede gereël het met die betrokke veiligheidsowerhede wat die streek verteenwoordig.

‘n Memorandum is Saterdag voor die polisiestasie aan Brig Heilbron, Groepsbevelvoerder SAPD Overberg, oorhandig.

Hy het optoggangers die versekering gegee dat hy teen 23 November vir hulle antwoorde sal hê.

Reaksie

Emosies het by tye, veral by die Pearly Beach vergadering, hoog geloop. Op tye is persoonlike beledigings na sprekers geslinger.  ‘n Inwoner van Pearly Beach, wie se naam nie bekend is nie, het me Schäfer op ‘n stadium om verskoning gevra. Sien rdl Dudley Coetzee se brief op bl 8.

Nadat besef is dat Wette die oorsaak is dat niks aan die stropersituasie gedoen word nie, was daar baie positiewe voorstelle.  Dit is duidelik dat owerhede hulp vra en dat die publiek ywerig is om hulle hande te neem.

Lt-kol Moshi het gesê dat die Staat weer polisiereserviste gaan aanstel.  Sien berig bl 13.  Dit is baie positief ontvang, maar die gehoor het hulle misnoeë gewys, betreffende die ouderdomsperk.

Enige iemand van enige ouderdom bo 18 kan egter by die buurtwaggroepe aansluit.

Dit was veral Uilkraal en die Franskraalgroep wat kon toon hoe suksesvol hul buurtwagte misdaad bekamp.

Whatsapp-groepe word ook met groot sukses aangewend. 

Rdl de Coning het Maandag tydens ‘n onderhoud met die Gansbaai Courant gesê dat sy trots is op haar kiesers.  “Ten spyte van die feit dat dit ‘n baie emosionele vergadering was, het hulle dit op ‘n professionele wyse hanteer en met uitstekende voorstelle vorendag gekom.”

Sy voel, soos baie ander dat wetsgehoorsame burgers die reg ontneem is om die see te geniet.  Sy voel dat om perlemoen uit te haal, gewettig moet word.  Sodoende kan mense weer kos op hul tafels kry. Die Staatskas kan steeds daarby baat, deur die wettige verkoop van lisensies. Aldus rdl De Coning.

Opvolgvergaderings word reeds vir die nuwe jaar beplan.

Stryd teen DAFF

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Courant
Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Gansbaai Courant
Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Gansbaai Courant
Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Gansbaai Courant
Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Gansbaai Courant
Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.

Gansbaai Courant