R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Jy kan die bote met ‘n kettie van die rotse af skiet, so naby is hulle aan die kant”, vertel ‘n inwoner van De Kelders, wat maar een van die vele oplettendes is wat die walvisbesigtigingsbote in Walkerbay bevraagteken.
Die bote vaar baie na aan die rotse en vele klagtes is die afgelope tyd vanuit verskeie oorde ontvang.
Gansbaai Courant is al vir ‘n geruime tyd besig om die tendens te ondersoek.
Kommer het ontstaan of Walkerbaai nog as ‘n beskermde gebied geag word. Hierdie besorgdheid is uit die weg geruim deur mnr Matshidisho Malatji van die Departement van Omgewingsake (DEA) wat bevestig het dat Walkerbaai steeds ‘n beskermde gebied is. Nog ‘n beampte van DEA het gemeld dat walvisbesigtigingsbote nie nader as 300 meter vanaf ‘n walvis mag kom nie.
Regulasies soos uitgereik deur DEA, bepaal dat bote nie nader as een seemyl (1851.85 meter, die lengte van ‘n meridiaanminuut) van die kant af mag kom nie.
Inwoners van De Kelders, maar veral ook toeriste, het hul ontevredenheid oor die situasie sterk uitgespreek. Hulle sê die Hermanusbote kom vaar al hoe meer in Walkerbay om hul kliënte wat foto’s van die wonderdiere wil neem, tevrede te hou.
Die eienaars van Coffee on the Rocks, Barry en Gail Johnson en Whalesong Lodge, Stanley en Lainy Carpenter, het ook hul ontevredenheid uitgespreek en gemeld dat die situasie ontevredeheid by hul toeriste laat ontstaan het.
By navraag is gesê dat daar in die onmiddelike omgewing ses amptelike permitte vir walvisbesigtiging uitgereik is: Vanaf Gansbaai hawe een, vanaf Kleinbaai hawe twee en vanaf Hermanus hawe drie permitte.
Die onderskeie owerhede en organisasies het bevestig dat roekelose optrede deur operateurs van walvisbesigtigingsbote wel ‘n korttermyn invloed op walvisgetalle het, maar dat daar ook ander faktore is vir die langtermyn afname aan getalle, soos onder andere die effek wat El Nino verlede jaar op die natuur gehad het.
(Sien ook Meredith Thornton, Navorsingskoördineerder vir Dyer Island en die Navorsingsinstituut van die Universiteit van Pretoria, se artikel oor die onlangse walvistelling op bladsy 20).
Volgens Janette du Toit, uitvoerende bestuurder van die SA Bootgebaseerde Walvisbesigtigingsassosiasie, is vyf klagtes van “onwettige aktiwiteite” deur bootoperateurs die afgelope tyd aan DEA oorhandig vir opvolging.
Elke geval is met fotobewyse bevestig.
Meredith Thornton van Dyer Island Conservation Trust het soos volg reageer:
“We have also received several complaints regarding whale watching vessels coming in close to the rocks at De Kelders. Our view is that all permitted boats belonging to the South African Boat-Based Whale-Watching Association (SABBWWA) should abide by the code of conduct as it is a self-regulatory organisation. Should someone break the law then this is dealt with via the Department of Environment Affairs (DEA) and Marine Compliance Services, in cooperation with the Department of Agriculture, Forestry and Fisheries (DAFF), who is responsible for issuing permits for fishing activities.
There was a meeting last year with the operators in Walker Bay and it was agreed to self regulate but because the complaints have resurfaced this season it has been referred to DEA by the SABBWWA ExCo. According to the agreement the boats are allowed one for ten days, then the next for 10 days and so on, but usually there are two here and sometimes three, all at the same time.
The exclusion zone is from De Kelders to the New Harbour, one nautical mile offshore, which is 1,8km.
There is a line joining the two offshore points and then inshore to the two shore points and that whole area is a no-go zone for any Boat-Based Whale-Watching.”
‘n Inwoner van De Kelders, Paul Adams, het oor ‘n tydperk korrespondensie met mnr Matshidisho Malatji (DEA) gevoer, wat onder andere die volgende regulasies aangestuur het wat op DEA se webtuiste beskikbaar is:
(1) DEA Act 18 of 1998 Act (Gazette No. 18930, Notice No. 747. Commencement date: 1 September 1998 [Proc. No. 80, Gazette No. 80, 19148]).
(2) DEA Regulations Code of Conducts – Undertaking boat based whale and dolphin watching.
(3) Annexure for above regulations with number of permits issued in this area: Gansbaai (1), Kleinbaai (2) and Hermanus (3).
Belangstellendes kan hulself dus vergewis van die bepalings en enige wanoptrede by die Departement aanmeld.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.