R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Daar is verlede week behoorlik ingeklim onder veral geelbek, maar ook heelwat kabeljou is gevang terwyl selfs makriel en snoekies ingebring is. Goeie rede waarom ‘n boot so ‘n waardevolle besitting is. Somtyds is daar probleme wat jou weerhou om see toe te gaan en ek praat nie nou van die feit dat jy net te laat besluit het om jou agterent in rat te kry nie. Dan moet jy maar die pak vat! Om mee te doen aan hierdie jaarlikse visloop moet jy in die eerste plek kennis van die see en hengeltoestande hê om gereed te wees vir die aksie.
Indien jy in elk geval nie kon meedoen nie, omdat jou boot byvoorbeeld nie op daardie tydstip seevaardig was nie (en dis een geval wanneer jou afwesigheid geregverdig is) sal jy maar jou kans moes afwag.
Ek was een van die skippers wat noodgedwonge aan my boot moes laat werk en dus droëbek aan wal moes deurbring terwyl die ander manne gespog het met hulle goeie vangste. Ongelukkig is dit ook so dat jou bemanning (behalwe indien hulle “site” op ‘n ander boot kry), ook maar net kon toekyk. Dat van hulle nie baie vriendelik was nie kon ek dus niks aan doen nie!
Maar die Saterdag was my boot weer reg en ek gereed vir my deel van die slagting. Ek moes skielik my bemanning organiseer maar kon slegs een van die “crew” kry wat wou saam gaan. Die ander ouens het almal goeie redes gehad waarom hulle nie beskikbaar was nie, maar was seker steeds omgekrap.
Ek was vroeg op die hawe en daar het reeds heelparty bote gestaan, die weer en water was belowend en ons twee was in die halfdonker reeds op pad. Maar nêrens het ons ‘n samedromming van bote gesien nie -- dit beteken ongelukkig die vis byt nie meer op ‘n kol nie, of selfs glad nie. Maar ons gooi en soek en dwaal rond en probeer hard. My maat vang twee kleinerige kabeljoutjies en ‘n “size” rooistompie. Ek spog met ‘n bamboeshaatjie en ‘n klein, klein klipvis.
Hier by elfuur is ons met die rowwe water reeds aan wal en op pad huis toe. Wel, ek het al ‘n haatjie gebraai, en ek weet jy kan ‘n klipvis eet. Miskien nooi my maat my vir ‘n braai.
Volgende keer is die ouens nie meer so kwaad vir my nie en dan ons is dalk meer gelukkig!
Groete,
Seemeeu
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.