Vullisverwyderaars moet registreer - ‘n plakker gaan hul onderskei

Vullisverwyderaars moet registreer - ‘n plakker gaan hul onderskei

Gansbaai Courant

Kennis geskied hiermee dat alle kontrakteurs wat vullis vanaf private persele na munisipale oorlaaistasies en stortingsterreine vervoer,  binnekort by die munisipaliteit sal moet registreer ingevolge ‘n nuwe bepaling wat deur die departement van omgewingsake neergelê is. 

Die departement van omgewingsake gaan voortaan van munisipaliteite verwag om maandeliks verslag te doen oor die hoeveelheid vullis wat by stortingsterreine gestort word, sowel as die hoeveelheid vullis wat vir hergebruik bestem is en dus nie by stortingsterreine gestort word nie. 

Munisipaliteit Overstrand het sy Verordening op Vaste Afval dienooreenkomstig aangepas en, ooreenkomstig hierdie gewysigde verordening, moet alle kontrakteurs wat vullis in Overstrand se munisipale gebied vervoer, voortaan as sodanige kontrakteurs by die munisipaliteit registreer sodat die munisipaliteit die nodige data kan bekom vanaf daardie kontrakteurs wat hierdie tipe diens verrig.

Hierdie reëling sal ook die betaling vir storting van vullis (meer as een ton) vergemaklik, aangesien ‘n enkele gekonsolideerde rekening aan die einde van die maand voortaan aan kontrakteurs wat vullis stort, gelewer kan word.

Voorts sal die voortspruitende databasis kommunikasie tussen die munisipaliteit en kontrakteurs vergemaklik en, onder andere, verseker dat wysigings ten opsigte van bepalings en tariewe betyds oorgedra word. 

‘n Registrasiebrief en identifiserende plakker sal uitgereik word aan daardie kontrakteurs wat binne Overstrand se munisipale gebied werksaam is. Sodoende sal hulle makliker onderskei kan word van daardie kontrakteurs buite die munisipale gebied, van wie verwag word om ‘n duurder stortingstarief te betaal.

Wie moet registreer?

Kontrakteurs wat bourommel en tuinvullis en gewone huishoudelike vullis na munisipale aflaaiplekke, oorlaaistasies en stortingsterreine vervoer;

Kontrakteurs wat skrootmateriaal verhandel; en Kontrakteurs wat kontrakte met die munisipaliteit het om huishoudelike vullis te vervoer.

Rig enige navrae in hierdie verband aan die bestuurder: Vaste-afvalbeplanning, Johan van Taak, by jvantaak@overstrand.gov.za of skakel hom by  028 313 8982.

Vullisverwyderaars moet registreer - ‘n plakker gaan hul onderskei

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Courant
Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Gansbaai Courant
Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Gansbaai Courant
Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Gansbaai Courant
Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Gansbaai Courant
Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.

Gansbaai Courant