R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige GOD, Ewige Vader, Vredevors. Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring.” (Jes. 9:5,6) “Skielik was daar saam met die engel 'n menigte engele uit die hemel wat GOD prys en sê: “Eer aan GOD in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het!” (Luk 2:13)
Kan jy dit glo? Dis al weer Desembermaand. ’n Hele jaar het verbygesnel met al sy dramas en vreugdes. Waaraan dink jy as jy hoor dit is Desembermaand? Kersfees, familie, vakansie, jolyt en saamkuier! Ja, ek dink dit is goed om aan die einde van nog ’n jaar tyd te maak om te ontspan en saam met jou familie en vriende te kuier. Maar laat ons asseblief nie die belangrikste saak in hierdie maand vergeet, of dit sommer as vanselfsprekend aanvaar nie. ’n Bietjie meer as tweeduisend jaar terug het GOD die grootse daad van liefde aan die wêreld bewys toe Hy Sy Seun na ons toe gestuur het om ons vry te maak van die mag van die sonde en die ewige dood.
In albei die verse wat hier bo aangehaal is uit Jesaja en Lukas, kom daar baie sterk die gedagte van vrede deur. GOD het Jesus gestuur as Vredevors, om vrede op aarde te bring tussen Hom en Sy kinders. Vrede tussen GOD en jou, vrede tussen jou en ander mense en vrede tussen volke en groepe. As ons egter rondom ons kyk in ons land en die hele wêreld, merk ons maar min van hierdie ware vrede. Mense wil mekaar oral verskeur en vernietig oor elke moontlike ding. Onthou ons dan nie wat die engele gesing het met Jesus se geboorte nie?
Daarom dink ek dat ons hier in Suid-Afrika en veral ons hier in Gansbaai hierdie Desembermaand ’n maand van gebed vir vrede moet maak. En die beste manier om vrede te bewerkstellig is om in gebed te gaan en GOD te smeek om hierdie ware Kersfees-vrede in ons harte te laat groei en uit te dra. Vrede begin by jou, vloei uit jou uit na die volgende persoon en begin sodoende om die hele omgewing met vrede te vervul. Ons, ja ek en jy, moet ernstig bid dat GOD se vrede, Jesus se boodskap van liefde vir GOD, jouself, jou naaste en o ja, jou vyande, ons doelwit word.
Kom ons bid vir ’n Julius Malema dat hy hierdie Kerstyd Jesus sal ontmoet terwyl hy met sy vriende omgaan. Kom ons bid dat ons land se leiers en wie ook al in ’n posisie van mag sit, sal ontdek dat Jesus se mag en heerskappy die enigste ware antwoord is vir al ons probleme. Ja, ons moet bid vir ons kinders dat hulle nie meegesleur word deur die Kersliggies en vermaak nie, maar by Jesus se voete kan stil word. Ons moet bid vir vrede in hartseer en omgekrapte harte en almal wat moedeloos geword het. Jesus is die ware vrede – bid dat die Heilige Gees Hom opnuut in ons lewe laat sigbaar word.
Dis my gebed vir hierdie Desembermaand: Mag GOD jou met Jesus se vrede vervul!
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.