R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“En die vrede van GOD wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.” (Fil. 4:7)
“Eer aan GOD in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het!” (Luk. 2:14)
Desembermaand! ’n Maand van vakansie, vreugde, familie - en o ja, ons het verlede week gesê: ’n Maand waarin ons gaan bid vir vrede!
Elke keer wanneer jy tyd het, of onthou dit is Kersfees, moet jy saam met ander Christene bid vir GOD se vrede in ons land, in die wêreld, in ons huise en in ons harte.
Dink net hoe kragtige werking kan ons as gelowiges bewerkstellig as ons almal bid vir ’n ware gees van vrede en liefde in ons land. “Die gebed van 'n gelowige het 'n kragtige uitwerking.” (Jak. 5:16)
Tog is dit nodig om weer eens te beklemtoon dat ware vrede net moontlik is wanneer ons in ’n verhouding met Jesus leef. Jy kan probeer om vrede te kry in dinge soos geld, besittings, selfs in vriende of familie, maar telkens gaan jy jou vasloop teen ’n ongelukkigheid of ontevredenheid in jou binneste wat jy nie kan verstaan nie. Jy het dan so hard probeer om in vrede te leef!
Die rede is dat jy nie verstaan dat ware vrede net moontlik is as Jesus die beginpunt van jou vrede is. Jy moet GOD liefhê met jou hart, jou siel en jou verstand – of anders gestel: Jy moet alles in jou lewe oorgee aan Jesus sodat Hy beheer kan neem van jou besluite, jou gedagtes en jou verhoudings.
Dink gou saam met my. Dink aan die verhoudings wat jy het met jou man, vrou, jou ouers of jou kinders. Daar is net vrede in daardie verhoudings as jy die ander persone lief het, respekteer en hulle aanvaar net soos hulle is. As jy soms agterkom jy is ontevrede of geïrriteerd met hulle - dan kan jy maar gerus vir jouself afvra: Het ek hulle lief soos Jesus my lief het?
Soek eers jou vrede in Jesus – herstel jou verhouding met Hom en vrede sal weer in jou lewe invloei.
GOD gee vrede wat alle verstand te bowe gaan, sê Filippense 4:7. Sy vrede bewaar jou gedagtes en verstand teen al die verleidings en versoekings wat jou van Hom laat wegdwaal. Daarom sê Filippense 4:4: “Wees altyd bly in die HERE!” Kry jou vrede by die HERE Jesus. Praat gedurig met Hom, vra Sy leiding en gee jou bekommernisse oor aan Hom – Hy het nie verniet na hierdie wêreld gekom nie! Hy het ons verhouding met ons Vader in die hemel kom herstel. Hy het regtig vrede gebring vir elkeen wat besef GOD het hom of haar lief. Ja, GOD het jou só lief.....!
Begin vandag saam met ons almal bid dat jou verhouding met Jesus die belangrikste doel van jou lewe sal word. Vrede begin in jou hart, waar jy oorgee aan Jesus en begin leef volgens Sy Wil.
Vrede vir jou!
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.