As jy dit nog kan geniet, waardeer dit

As jy dit nog kan geniet, waardeer dit

Gansbaai Courant

Wanneer mens in ons omgewing woon moet jy dankbaar wees indien jy nog in staat is om die geleenthede wat jou hier gebied word te kan aangryp. En vir iemand wat leef vir die see sal dit prioriteit nommer een wees. ‘n Pensionaris se tyd behoort hoofsaaklik tot homself, en natuurlik, sy gade! Stel jou die volgende situasie voor: Jy het opgehou om te werk (want jy is mos ‘n pensioenaris). Jy besit ‘n boot met sy benodigdhede en dan boonop genoeg gereedskap om rustig van die kant af te hengel. Jy het dus die beste van twee wêrelde  --  òf van die boot af met al sy moontlikhede òf “nevermaaind” die weer, gaan hengel rustig met jou lang stok. Somtyds is jou vrou die ideale persoon om jou te vergesel (nie omdat jy dink sy moet nie, maar sy dring dalk daarop aan, want sy wil!). Baie maal is sy die een wat verkies om na die tuin om te sien, en wees dankbaar daarvoor. Dis juis wanneer jy heeldag op see deurgebring het  “op soek na ‘n eetvissie”, dat jy die kans kan benut om die dag verder deur te bring in ‘n tuin wat jou siel net goed kan doen. Die ideale plek om met jou goeie vriende en kennisse (en onthou tog jou vrou) in so ‘n mooi en rustige omgewing te ontspan.

Die huis, so naby aan die see, bied jou ook die geleent-heid om die kinders en kleinkinders (dalk nog agterkleinkinders, en so aan…) op so ‘n manier te onthaal dat ook hulle die geleentheid die beste kan gebruik. Jy hoef mos nie hard te werk nie. Waar anders kan jy jou plig so goed uitvoer wanneer jy hierdie klompie wil leer om daardie alledaagse take reg te doen. Goed soos hout aandra, vuurmaak, braai, skottelgoed was, (laat die vrou ‘n dankbare ruskans neem), en sommer so paar ander goed ook. Ai, as jy  so kan reël, wat is saliger?

Dis moeilik om weg te kom van die see, want daar is nog baie sulke seëninge wat ook in die prentjie kom.

Wat kan meer genotvol wees as om strandlangs te ry en die dag saam deur te bring  -- jammer, ek’s al weer met die see doenig! Kom ons probeer iets anders: Jou vriende.

Beter kan jy nie kry nie en almal saam is mos wat die lewe so uitsonderlik maak. Mens kan net dankbaar wees dat jy wel al hierdie goed kan meemaak. Sê dankie aan Hom. Ons het nog nie eens gekom by al die besiens-waardighede nie. Met so ‘n omgewing is die keuses eindeloos. Weer by die see  --  wat van die sonsondergange. Dít is nooit dieselfde nie!

My spasie is op, maar gee jou gedagtes vrye teuels.

Beste groete,
Seemeeu

As jy dit nog kan geniet, waardeer dit

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Courant
Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Gansbaai Courant
Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Gansbaai Courant
Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Gansbaai Courant
Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Gansbaai Courant
Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.

Gansbaai Courant