R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Juis op daardie oomblik het sy nader gekom en GOD gedank en oor die Kindjie gepraat met almal wat na die verlossing van Jerusalem uitgesien het.” (Luk 2:38)
“Jesus het omgedraai, haar gesien en gesê: “Wees gerus, dogter, jou geloof het jou gered.”
Van daardie oomblik af was die vrou gesond.” (Mat 9:22)
“in een enkele oomblik....” kan iets gebeur wat jou lewe radikaal verander. Siekte, ’n ongeluk, iemand wat jou pad kruis, of ’n oomblik wat jy jou humeur verloor en ’n verhouding van jare vernietig. Hierdie oomblik, terwyl jy nou hierdie gedeelte lees, kan jou lewe verander as jy net wil besef dat GOD besig is om te werk. GOD het net een oomblik nodig om te laat gebeur wat Hy wil.
Dit was dieselfde met Jesus se geboorte – dit was: “net ‘n oomblik!”
In ‘n oomblik het GOD mens geword en onder ons kom woon!
In ‘n oomblik het Maria besef sy is swanger – van die Gees!
In ‘n oomblik het die Almagtige, wat onaantasbaar is, Homself as ‘n brose baba, in ‘n krip neergelê – vir ‘n oomblik mens geword!
In ‘n oomblik het Hy wat groter as die heelal was – ‘n embrio geword!
Netso kan GOD in een oomblik jou hele lewe verander!
Besef ons regtig wat gebeur het in Betlehem? GOD kon nie langer toesien dat die wêreld en Sy kinders ‘n oomblik langer in die modderpoel van sonde bly spartel nie. Hy kon nie ’n oomblik langer wegbly van die aarde en al sy seer en nood nie! GOD het in ‘n oomblik Immanuel geword – GOD met ons! Net vir ‘n oomblik wou GOD ons laat weet dat Hy verstaan waardeur ons moet gaan – Hy het elke oomblik van ons pyn, hartseer, ongeluk, ons frustrasies, ons verkoue, ons gevoelens verstaan – elke oomblik!
En weet jy wat, my vriend, vriendin? GOD het “net ‘n oomblik” nodig in jou lewe! Een enkele oomblik wat jy na Hom toe moet draai en Hy sal die verskil maak in jou toekoms – jou vir ewig red en laat leef! GOD wil in een oomblik jou wegruk uit jou sondige bestaan en jou ‘n nuwe lewe van bevryding en hoop gee – as jy net wil raaksien dat die geboorte van Jesus ook spesiaal vir jou gebeur het. GOD het net ‘n oomblik nodig om jou vir altyd te verander!
Draai NOU met al jou probleme en vrae na Hom – Hy is daar! Gee NOU, in hierdie oomblik, jou lewe heeltemal terug aan Hom en sien hoe Hy jou lewe verander - na vrede, geluk en voorspoed!
Gee vir ‘n oomblik net oor!
Daar sal nog só ‘n oomblik kom – wanneer die hemel vir jou en my oopgaan – en ons Jesus voor ons sien staan!
Daardie oomblik sal ons weet: GOD wil alles aan ons in oorvloed gee!
Moenie hierdie oomblik laat verbygaan nie!
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.