R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Kinderboek: Groen Vingers
Met topverkopertitels soos My ouma is ‘n rockster, Superheroes vlieg net saans en Wiskunde gee my maagpyn, agter sy naam, is dit g’n wonder nie dat Jaco Jacobs een van die gewildste, veelsydigste en mees bekroonde kinderboekskrywers in Afrikaans is.
Sy boeke vir jong lesers is propvol aweregse humor, gruwelike grilgoed en wilde avonture. Jaco het reeds meer as 199 boeke die lig laat sien en bykans ‘n miljoen kopieë van sy boeke is reeds verkoop. Afgesien van kinderboeke, skryf hy ook rubrieke, tydskrif-artikels, ‘n kinderboekblog en hy het reeds meer as 200 boeke in Afrikaans vertaal. Jaco het in die Karoo grootgeword, maar woon deesdae in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, hul dogtertjies, Mia en Emma en drie honde.
Groen Vingers is ‘n avontuurbelaaide storie vir beginnerlesers, propvol van Jaco Jacobs se kenmerkende skaterlag humor waarop kinders versot is.
Dit handel oor die avontuurlustige Sasha wat alte graag eksperimenteer. Haar oupa was immers ‘n wêreld-bekende wetenskaplike!
Toe sy op ‘n dag vreemde pitte ontdek, besluit sy om dit te plant. Eers lyk dit of niks gaan gebeur nie… maar dan maak ‘n monsterplant sy verskyning in die Natuur-wetenskapklas!
Die talentvolle illustreerder, Odine Barendse het in 2013 ‘n graad in Inligtingsontwerp aan die Universiteit van Pretoria behaal. Sy werk tans as grafiese ontwerper by ‘n Australiese media-produksiemaatskappy.
Groen Vingers is beskikbaar by toonaangewende boek-handelaars asook direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.