R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Wanneer ou(er) mense bymekaarkom word daar dikwels onder hulle verwys na die ou dae, oftewel die dae toe dinge nog anders gewerk het. Ek dink dat daar deesdae minder kans vir kinders is om hulle werklik uit te leef en nog minder kans om so baie te leer by die ouers as wat destyds die geval was. Ek het nou die dag in gesprek getree met iemand so rofweg in my ouderdomsgroep en ons het gepraat van kano-maak wat meestal in riviere en vleie gebruik is. Dit was nog voordat glasvesel hier by ons op die mark verskyn het en daar moes van teer gebruik gemaak word om die spykergate te verseël.
Dit is van sinkplate gemaak waarvan die riffels platgekap was. Toe was daar nog bloedlyn en 10vt.-visstokke en was “fancy“ gomme onbekend!
Wie vandag maak nog vure op die strand en braai sommer die vis wat daar uitgetrek is? Wat was lekkerder as die praatjies om die bamboesvuur wat elke nou en dan ontplof en stukke daarvan die lug inskiet. Dis ook waar al die waarhede gespreek is en dis hier waar jou pa sy kans gevat het om jou goed te vertel wat jy in elk geval móés glo. Alles was egter nie net maanskyn en rose nie, want jy moes trek dat dit klap aan die visnet wat meestal tot oorlopens toe vol was.
Soos die tyd aangestap het, het daar maaksels soos rekenaars en televisie verskyn – alles natuurlik wat veral die jeug ten volle van gebruik gemaak het. Deesdae is die goed so verfyn en ingewikkeld (vir ons, in elk geval) dat ons net so vat-vat daaraan en maar redelik normaal aangaan met ons lewe. Kyk, die goed is baie waardevol en dis ongelooflik wat alles daarmee vermag word, maar ek is dankbaar dat ons as kinders dit gespaar was. Die meer tyd tot ons beskikking, het ons in staat gestel om ook meer met ander mense en veral jou ouers, te kommunikeer. Sekere van hierdie ou goed is sekerlik ook nie so waardevol of van toepassing nie. Byvoorbeeld dat jy water in ‘n kadoessak op ‘n elektriese plaat kan kook en die papier kom niks oor nie. Of dat jy vis kan gaarmaak in bamboes of toegedraai in papier en in die kole begrawe.
Maar die see is waar ek my meeste tyd deurgebring en waar ek my waardevolste lesse geleer het. Nie net oor hengel nie, maar ook wat die see in al sy fasette beteken en hoe jy ander mense moet behandel. En hieroor leer ek sonder ophou. Ek sou my ouers nou eers behoorlik kon bedank vir daardie tye. Maar dis te laat. Geniet die see.
Groete,
Seemeeu
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.