Gansbaai sê welkom

Gansbaai sê welkom

Gansbaai Courant

Die eerste reaksie van ‘n motoris wanneer hy deur ‘n verkeersman voorgekeer word, is óf ‘n bekommerde gesig óf ‘n ernstige frons óf ‘n ongemaklike houding oor die ongerief wat hom aangedoen word.

Dit was ook nie anders by vanjaar se ‘vriendelike padblokkades’ wat verlede Donderdag, 15 Desember voor die polisiestasie op twee verskillende tye plaasgevind het nie.

Wanneer die motoris met ‘n breë glimlag en ‘n “goeie middag en welkom in Gansbaai” begroet word, volg verbasing. Wanneer ‘n ‘welkompakkie’ boonop oorhandig word, voel ons gaste sommer dadelik dat Gansbaai die plek is om hierdie Desembervakansie deur te bring.  Die mense hier is vriendelik en ‘anders’.

Raadsheer Dudley Coetzee, Overstrandse Uitvoerende Onderburgemeester, het Donderdag vanaf 14:00 in die snikhete son, die eerste ‘vriendelike padblokkade’ beman.  Hy het ingestaan vir die Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, Raadsheer Rudolph Smith.

Later die middag, om 15:00 is ‘n tweede ‘vriendelike padblokkade’ deur die vrolike span van Gansbaai Toerisme beman. Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme, Doulene Els en Akhona Jordaan het die verwelkoming en uitdeel van die pakkies hanteer.

Hulle ander kollega, Maureen Valentine, moes die toerismekantoor beman, maar haar twee flukse kinders, Megan (18) en Curt-Lee (14) Valentine het vir hul ma ingestaan en ewe vriendelik die dorp se besoekers verwelkom en pakkies uitgedeel.

Gansbaai sê welkom

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Courant
Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Gansbaai Courant
Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Gansbaai Courant
Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Gansbaai Courant
Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Gansbaai Courant
Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.

Gansbaai Courant