Feestelike liggie lekkerte

Feestelike liggie lekkerte

Gansbaai Courant

Yvonne Groenewald van die onderneming Blink Idees,  het 17 jaar gelede die blink idee gekry om hul huis en tuin met liggies te versier oor die Desember-feestydperk.

“… vir wanneer die kleinkinders aankom.”  Op daardie stadium was daar nog nie ‘n kleinkind op die horison nie, maar Yvonne, die dorp se trourokmaker en koekbakker, het haar inkomste geneem, Kaap toe gery en ‘n massa liggies aangeskaf.

Met die jare saam het die liggies al meer geword.  Buurdorpe se ouetehuise het met bussiesvol mense in Gansbaai se Buitekantstraat 25 kom liggies kyk.

Christo vertel dat toeriste so ver as Amerika, Spanje en Rusland al daar rondgestap het.

‘n Hoogtepunt was ‘n besoek van ‘n klompie Springbok-rugbyspelers ‘n paar jaar gelede.  Die foto saam met Percy Montgomery hang teen die muur.

Christo, ‘n voltydse leraar, is verstom oor hierdie passie van sy vrou.  Hy vertel dat hy maar net opdragte uitvoer, maar dat dit sy is wat besluit wat waar kom en ook self die elektriese bedrading en herstelwerk hanteer.

Die Groenewalds nooi almal om die skouspel te kom besigtig.  Die liggies word aangeskakel sodra dit donker word en afhangende van die besoekers, word daar soms tot laataand gekuier, terwyl vrolike musiek bydra tot die feestelike atmosfeer.

‘n Houer vir donasies staan by die uitgang, om by te dra tot die kragrekening.

Feestelike liggie lekkerte

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Courant
Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Gansbaai Courant
Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Gansbaai Courant
Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Gansbaai Courant
Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Gansbaai Courant
Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.

Gansbaai Courant