R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Wanneer die weer so bietjie opspeel en see toe-gaan bemoeilik, krap dit nogal aan ‘n man. Ek meen, jy gaan dit nie op see waag nie en noodgedwonge beteken dit by die huis bly en maar “huistakies” verrig. Dit het natuurlik sy goeie kant ook, maar wanneer toestande verbeter en jy het intussen gesorg dat jou hengel-gereedskap in orde is en alles is geolie en nagesien, sal niks jou terughou om te gaan kyk of jy nie ‘n “vissie vir die pan” kan kry nie.
Die naweek het daar kwaai winde gewaai en al wat goed was daaraan was dat dit meestal wes- of noord-westers was, wat darem meer van ‘n viswind is. Ongelukkig vir die kabel-joumanne met die amper-bootjies is dit die suidooster wat sorg vir die regte kleur water, en dié was maar skaars. Die vooruitskouing was nogtans dat na die winderige en baie deur-mekaar water die toestande baie beter sou wees vir boothengel. Teen Maandag het sake goed gelyk en die bemanning wat al leepoog gelyk het teen hierdie tyd is bymekaar gemaak en ons is see-in!
En onthou dat die visvangs nie te waffers was laas week nie dus is daar nogal uitgesien na die vangslag. Ek sal liewer in die volgende berig verslag doen hieroor aangesien ek van plan is om behoorlik van die kans gebruik te maak. Die volgende paar dae lyk heel belowend.
Daar is ook heelwat besoekers wat behoorlik uitgesien het daarna om hulle geluk te probeer en so bietjie boothengel te beproef. Al vertroosting vir hulle is -- wees dankbaar dat jy met hierdie water nie die kans gevat het nie, want vir sommiges is daar iets soos seesiek wat nie een van die heel aangenaamste onder-vindings is nie. En dan is daar nog skippers wat vere voel vir jou! Moet egter nie dat dit jou afsit nie, dis maar deel van die hele storie en alles word in ‘n goeie gees gedoen. Daar is darem ook die opsie om van die kant af te hengel en as die beplanning goed is behoort jy jou vis te kry.
Die vakansiegangers is teen hierdie tyd goed op dreef en soos die omgewing lewe van al die aktiwiteit kan mens waarneem dat die gees goed is. Dis baie lekker om met die feestyd hier familie en vriende te onthaal en ‘n slag lekker saam te kuier. Ek wil graag aan almal ‘n baie besonderse nuwe jaar toewens. Laat die toekoms net die beste inhou en mag Hy almal seën. Bestuur asseblief versigtig en wees bedagsaam. Geniet die see en toon altyd die nodige respek. Groete, Seemeeu
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.