R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Terwyl ‘n 10-jarige seun ‘n skelm direk ín sy oë kyk, het laasgenoemde steeds ‘n gasbottel wat buite, op ‘n helder verligte stoep staan, se verbindingspyp afgesny, die bottel gegryp en die bosse in laat spaander.
Die voorval het Donderdag, 29 Desember op die plaas Pondjie Botter, waar Martin en Amanda Smit woon, plaasgevind.
Die gasbottel het in ‘n helder verligte gedeelte onder die kombuisvenster van hulle tuiste gestaan. Ralph, ‘n graad 5-leerder van Laerskool Gansbaai se kamer is skuins oorkant die venster en hy het dadelik alarm gemaak toe hy sien wat aangaan.
Sy suster se verloofde en sy oupa het na die deur gestorm, maar die dief het doodluiters die bosse ingehardloop, terwyl sy makkers vier plastiek tuinstoele gegryp en hom gevolg het.
Die Smitte huur ‘n woonstel op die plaas en nog ‘n egpaar, Org en Bea Ritter woon in ‘n aangrensende woonstel. Altwee die gesinne was tuis en die buiteligte was aan, maar dit het steeds nie die diewe gekeer om hulle nagtaak uit te voer nie.
“Ek het so teen tien uur die binneligte afgeskakel om te gaan slaap en minder as 10 minute later het die voorval plaasgevind,” vertel Martin. “Dit was dus duidelik dat hulle van vroeg af in die bosse gesit en wag het.”
Die plaas, Pondjie Botter, is net buite Gansbaai op die R43, in die rigting van Franskraal geleë.
Martin vertel dat die honde vroeër baie geblaf het en dat hulle Gansbaai SAPD versoek het om ondersoek in te stel. Die polisie het dadelik gereageer, maar niks gevind nie.
Martin sê by nadere ondersoek die volgende dag is die kwaaddoeners se voetspore in die bosse gevind waar hulle weggekruip het en vermoedelik gewag het totdat die huismense rustig raak en die binneligte afgesit is.
AdjOff Vermeulen van die Gansbaai Speurtak, wat die saak ondersoek, het dit by navraag bevestig. Indien enige iemand oor inligting beskik, kan hulle hom skakel by 028 384 0201.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.