Die Kaas is op … laat ons leef!

Die Kaas is op … laat ons leef!

Gansbaai Courant

… en so raak al die kaas in die dorp op  – nie ys die jaar nie, maar kaas!

Pizzas kan nie kaasloos gelewer word nie en die vakansiegangers wroeg en wonder en wil net sommer nog ‘n pizza wegneemplek kom oopmaak…

Dankie aan ons vakansiegangers wat ons besigheidseienaars laat bontstaan oor die feestydperk.

Dit blaas weer ‘n bietjie lewe in ons stadige dubbeldagsonskynbestaan.

Die dubbeldae is ‘n ander somertydding wat die binnelanders vreeslik geniet, maar nie besef hoe dit sy tol op die lange duur eis nie. Solank as wat die son hoog sit, so lank baljaar hulle.  Dit maak die sonbaai lekker lank, maar krimp die nagte in, want die braaivuur word eers skemer opgesteek – en dan is dit nag.

Die dubbeldae maak die sonbaai langer en die apteekman troos, dit maak dat ‘n mens meer kere eet –tot 400 roomyse op ‘n dag word gedraai en dit verskaf weer werk aan ons studentekinders.

Ons supermarkte en restaurante wemel van stemme en kaalvoete, plakkievoete, sandvoete – en die dors, o die dors in hierdie Desember-hitte…

… en ten spyte van die verwoestende brande dwarsoor die provinsie, waarskuwings en smekinge oor vuurwerkvertonings en veldbrande, is die oujaarruim veelkleurig en knallend verlig en troeteldiereienaars is besig om petisies op te trek.  Verban. Verban.

So gaan dit jaar na jaar.  Oujaar uit, nuwejaar in.

Van een jaartal na ‘n ander … en wanneer jy wakker word in die nuwe jaartal, is alles maar net nog dieselfde, maar ons begin van vooraf tel, van vooraf planne maak – die hoop beskaam net nooit.

365 nuwe geleenthede.  Jy moet nou net jou kopskuif maak en beplan – jou finansies, jou geluk, jou dag, jou maande, jou jaar, jou vakansie, jou gesondheid…

Jy moet jou slaapritme ontdek, respek hê vir jou ruimte, jou eie veld speel…

en waar begin jy?

By bed opmaak.

Wanneer daardie wekker lui - reageer!  Moenie dink nie - doen! Kry lewe. Kom in ritme. Ritme word gewoonte en gewoonte word ‘n goeie lewenstyl.

Voorspoed met jou selfontdekking en selfleef en uitleef! 

Leef!  Jy kry net een kans.

Marinda van der Walt

Die Kaas is op … laat ons leef!

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Courant
Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Gansbaai Courant
Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Gansbaai Courant
Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Gansbaai Courant
Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Gansbaai Courant
Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.

Gansbaai Courant