R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai dorp het stil geraak en byna na normaal teruggekeer met vakansiegangers en besoekers wat huiswaarts gekeer het ná ‘n ontspanne en genotvolle vakansie in ons gewilde kusdorp.
Die gewilde Stranddiensspan wat Uilenkraalsmond Vakansie-oord vanaf 16 tot 31 Desember 2016 besoek het, moes ook groet. Die span het, ná ‘n bedrywige tyd, Maandag, 2 Januarie 2017 vertrek.
“Die eerste gedagte wat by meeste mense opkom wanneer daar gepraat word oor vakan-siedienste is dat dit strandskoonmaak of lewensredding behels, maar dit is gelukkig nie die geval nie,” vertel Nicole Snyman, een van die organiseerders.
“Vakansiedienste is jeugbediening deur middel van ‘n vol program wat as middel gebruik word om verhoudings te bou met die doel om te evangeliseer en vir vakansiegangers, veral die jeug en kinders, die geleentheid te bied om nader aan God te groei en Hom beter te leer ken.”
Vakansiedienste val onder die Verenigde Christen Studente Vereniging (VCSV) wat ‘n vrywillige Christen organisasie is en vind tydens die laaste drie weke van Desember plaas.
Daar is verskeie vakansiediensspanne wat by verskillende strande dien. In hierdie geval Uilenkraalsmond onder leiding van Günther Hüsselmann en sy bestuurspan.
Die program se daaglikse aktiwiteite bring evangelisering deur groot pret na die jeug. Die gewildste item onder die kleingoed, is die daaglikse poppekasvertonings. Die tema van vanjaar se stories was Bybelversies soos “moenie bang wees nie”, waar kinders geleer is om Bybelversies te memoriseer.
Die poppekas is dan gevolg met “kringetjies” waar die kinders in ouderdomsgroepe ingedeel is sodat hulle pret-aktiwiteite kan beoefen oor die lessies van die dag.
Middagprogramme het speletjies op die strand soos waterkaskenades, boeresport en volleyball behels.
Tydens aandprogramme is daar op talentkompetisies, Bybelsmokkel, musiek, vertonings, bring-en-braai, Sokkie en ‘n koffiekroeg gefokus.
Die span se besoek word jaarliks afgesluit met die kies van ‘n Mnr en Mej Uilkraal wat vir groot opwinding sorg. “Vakansiedienste is werklik ‘n effetiewe platvorm vir evangelisasie deur pret en vreugde wat ervaar word, maar lei ook tot verdiepte gesprekvoering en verhoudinge wat gesmee word, alles in die naam van Jesus Christus,” sê Nicole.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.