R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Dit is tyd vir ‘n nuwe oesjaar op see. Kort voordat die pelagiese vissersbote van Gansbaai weer die see invaar vir hul nuwe seisoen, het hul bemanning, die dorp se sakemanne en inwoners Sondagaand, 15 Januarie die gebruiklike jaarlikse Interkerklike Verootmoedigingsdiens in Gansbaai hawe gehou.
Net soos Desember verlede jaar se Vissermans Dankseggingsdiens, is ook hierdie diens goed bygewoon.
Wanneer ‘n mens Gansbaai binne ry, begroet die dorp jou met Gansbaai: ‘Hawe van God se genade”
En dit sê presies waaroor Gansbaai gaan: ‘n Veilige hawe, waar vissers met die genade van Bo, ‘n bestaan maak.
Om hierdie rede word daar twee keer per jaar dienste in Gansbaai hawe gehou. Hierdie dienste vind sedert 1963 plaas. Dit het ten doel om aan die einde van die jaar God te dank vir ‘n jaar van seën wat ontvang is en aan die begin van die jaar God se seën oor die vissermanne, sakelui en inwoners in verootmoediging te vra.
Gepaste Afrikaanse en Engelse lofsangliedere is Sondagaand
vooraf onder begeleiding van die knap orkes en voorsangers deur die diensgangers gesing.
Past Frikkie Zeelie het daarna die verwelkoming hanteer. Past Johnny Hamman het die Afrikaanse boodskap gebring en Dawid Roos die Engelse boodskap.
Met verwysing na die hoeveelheid programme wat uitgedeel is, het meer mense hierdie diens as die vorige een bygewoon. Die meegaande foto is voor die aanvang van die diens geneem en heelparty mense het daarna aangesluit. Baie toehoorders het ook in hul motors gesit en luister as gevolg van die koel weer.
Overstrandse Onderburgemeester, Raadsheer Dudley Coetzee en sy eggenote, Shirley, het ook die diens bygewoon.
Die organiseerders sê die uitnodiging aan die onderskeie kerke het ongelukkig gemeld dat daar nie stoele gaan wees nie en dat elkeen sy/haar eie stoel moet saambring. Dit was ‘n misverstand, aangesien ‘n groot hoeveelheid stoele jaarliks beskikbaar is. Slegs indien daar te min sou wees, is die versoek altyd dat mense ook hul eie kampstoele kan saambring.
Na afloop van die diens het past Frikkie Zeelie sy tradisie om lekkers aan die kinders uit te deel voortgesit. Vanjaar het selfs die fotograaf en ds Dirk van Dyk van Gansbaai NG-gemeente elk ‘n 'LolliPop' gekry!
Die program, wat saam met die diens deur Gansbaai Marine geborg is, het met die pragtige woorde van Psalm 62:5-8 afgesluit: “Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek. Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek stewig staan. God is my redding en my krag. Hy is my rots, my sterkte, God is my toevlug. Vertrou op Hom, my volk, stort julle hart voor Hom uit! God is vir ons ‘n toevlug. Sela.”
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.