R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Dis nie aangenaam nie maar tog baie nodig. Ek praat nou van die tye dat die weer so is dat jy nie op die see kan kom nie of selfs die tye wanneer die vis van die byt af gaan. Dis mislik ja, maar sal ons, indien dit net ‘n kwessie is van see toe gaan en “vol maak”, daardie tye waarlik waardeer? Soos alles in die wêreld is die moeilike tye nodig om weer die goeie te waardeer.
Hierdie klink amper soos ‘n goeie rede om nie te gaan hengel nie en dan kla ons, maar mens kan mos ook nie uitgepraat raak oor die goeie en die lekker van see toe gaan nie. Ons het die goeie tye gehad toe die geelbek geloop het en dan word daar nog ‘n kabeljou tussenin gevang. Dit lyk asof die makriel steeds met ons is en teen hierdie tyd begin ons al puntenerig raak want eintlik soek ons grotes -- ons is mos nou al mooi gewoond aan die kleiner makriele. Maar laat hulle gee pad dan mor ons weer omdat hulle heel moontlik verkas het. En indien ons tog hotties en romanne vang is dit ook nie van die beste nie, want ons soek eintlik ander spesies! Maar met bogenoemde in gedagte, sal niemand die bevrediging van see toe gaan kan demp nie. Ek weet dat ek as ‘t ware dweep met die see, en somtyds wonder ek self of die baie nuwe reëls en kostes jou nog lank gaan laat aanhou, maar terwyl dit nog moontlik is, sal ek dweep! Dis nie net die hengel wat die genoegdoening verskaf nie, die see in sy geheel en alles wat daarmee saamgaan is wat dit so uitsonderlik maak. Indien jy iemand is wat oplet na omstandighede om jou sal daardie bootrit jou ook ander dinge laat sien, beleef en waardeer. Dis so half onnodig om te verwys na goed soos natuurskoon, die vele fasette van die see, die plantegroei, die seelewe en ook die sielsrus wat dit bring, want daar is nog so vele ander. En al wat dit vra is om op te let daarna, Hom te sien daarin en waardering te toon.
Hengel van die kant af gee jou kans om die natuur van ‘n ander hoek te bekyk. Jy word nie altyd gedruk deur byvoorbeeld ‘n wilde see nie en kan meer rustig jou dag deurbring en inneem.
Breek bietjie weg van die hengelsituasie en dink aan ons sonsondergange of wanneer jy oor een van ons bergreekse ry en nie anders kan as om die omgewing te bewonder nie. Die wolkformasies! So kan mens aangaan. En wanneer die wind en see so raas en jy noodgedwonge moet skuiling soek of by die huis bly het dit ook tot ‘n mate sy bekoring, want is daar nie ‘n boodskap in vir jou nie? Ook hierdie situasies kort waardering. Dít kweek opnuut respek vir die elemente daarbuite.
Baie groete,
Seemeeu
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.