Hof is daar om op te voed

Hof is daar om op te voed

Gansbaai Courant

Ten spyte van die feit dat die Addisionele Hof vir Munisipale aangeleenthede vanaf 15 Desember 2016 nie daagliks in sitting was nie as gevolg van die feesgety, was die hof deurentyd beskikbaar om sake aan te hoor ten einde die publiek te akkommodeer en persone wat hulle aan wangedrag skuldig gemaak het, te vervolg. 

Daar was 322 sake op die rol vir Desember 2016, waarvan 257 verkeersoortredings was en 65 sake wat betrekking gehad het op verskeie verordeninge wat oortree is.

Daar is sake aangehoor in gevalle waar lede van die publiek uitstaande sake teen hulle afgehandel moes kry ten einde hul motors te kon registreer of hul bestuurs-lisensies kon laat hernu.

Daar is teen onderskeie individue opgetree om te verseker dat hulle voldoen aan spesifieke verordeninge.

Heelwat suksesse is behaal deurdat beskuldigdes gehoor gegee het aan die toepaslike munisipale wetgewing.  Onklaar huise wat ‘n veiligheidsrisiko geskep het is in die proses om voltooi te word.

‘n Groot aantal persone is gedagvaar omdat hulle nie gehoor gegee het aan kennisgewings om hul erwe ingevolge die Brandveilig-heidsverordening skoon te maak nie. Die meerderheid van die betrokke erwe is skoongemaak. Die Hof was baie tegemoetkomend en het die oortreders nie beboet nie, maar indien die persone hul weer skuldig maak aan die oortreding, sal hulle definitief ‘n swaar boete opgelê word.

Verskeie persone wat op straat gedrink het, is beboet en die alkohol is gekonfiskeer. Hierdie persone sal almal in die hof verskyn en hulle sal by skuldigbevinding, boetes opgelê word. Deur dit te doen het die lede van Wetstoe-passing gesorg dat ons dorp ‘n veilige, vriendelike en aan-gename omgewing skep vir ons inwoners sowel as die vakansiegangers.

Die Addisionele Hof, in samewerking met al die lede van Wetstoepassing  en die Verkeersafdeling, het die afgelope Desember van 2016, daarin geslaag om die gemeenskap te dien deur toe te sien dat wet en orde gehandhaaf word.  Die uiteindelike doel van die hof is nie om te vervolg nie, maar om die gemeenskap op te voed en sodoende ‘n geordende gemeenskap daar te stel.

Hof is daar om op te voed

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Courant
Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Gansbaai Courant
Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Gansbaai Courant
Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Gansbaai Courant
Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Gansbaai Courant
Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.

Gansbaai Courant