R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Aanpasbare Vroue/Adapt-able Women – dit is die tema van die VLV Gansbaai vanjaar.
Die VLV is ‘n landwye vroue-organisasie wat al vir meer as 85 jaar in Suid-Afrika bedrywig is.
Rienie Lüdick, voorsitter van die plaaslike tak nooi nuwe en gevestigde inwoners – oud en jonk – om te kom kennis maak met wat die organisasie aan vrouens bied.
Die Gansbaai VLV bestaan uit ‘n klompie gasvrye vroue wat al goeie vriendinne geword het.
Die eerste vergadering vir die nuwe jaar vind Dinsdag, 7 Februarie om 15:00 by die Pretoriussaal plaas.
Dit is die perfekte geleentheid om uit te vind waaroor die VLV gaan. Die sameroepers van die afdelings vir landbou en tuinbou, gesondheid, leefstyl, openbare sake, opvoeding, kuns en handvlyt gaan elkeen ‘n geleentheid kry om te vertel waaroor hulle protefeuljes gaan.
‘n Vrou is mos maar ‘n romantiese wese en die vroue gaan hierdie vergadering benut om die maand van die liefde met ‘n Valentynstema te vier. Rienie versoek almal om in rooi en wit aan te trek en lekker te kom saamkuier.
Rienie versoek bestaande lede om daarop te let dat daar heelwat konferensie-kompetisies is wat vir Februarie geld en dat alle kompetisie-inskrywings om 13:00 by die vergadering moet wees.
Put on those red heels
Chairlady, Rienie Lüdick invites all the ladies of the greater Gansbaai to come and join their meeting which will take place on 7 February at the Pretorius Hall in Main Road, at 15:00. It is a Valentine’s themed meeting and everyone is going to dress in red and white.
Rienie says if you feel that you are able to make a contribution to this organization or that you would like to join them and experience what they have to offer, they would love to have you on board.
This year’s theme is Adaptable Women and promises a lot of interesting meetings.
The myth that you need to enter or join in the competitions to become a member is not true.
The VLV has a lot to offer with interesting speakers, demonstrations, information on current events and wonderful companionship.
Should anyone be interested to join or visit this ladies’ organization, you can contact Rienie at 081 443 8248 for more information or just turn up at a meeting.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.